European Adventures of Toinette and Johan

Monday, May 21, 2007

Windsor Kasteel





'n Paar foto's van die buitekant van Windsor kasteel. Dit is die grootste bewoonde kasteel in die wereld en dateer terug na die tyd van William the Conqueror (1028-1087), en is dus ook die oudste bewoonde kasteel tans. Tesame met Buckingham Palace in Londen en Holyrood Palace in Edinburgh, Skotland, is dit een van die hoofresidensies van Koningin Elizabeth II. Sy gebruik dit veral oor naweke vir staatsfunksies of private partytjies.

Ons het die oulikste gids gehad, 'n ouerige tannetjie, wie se historiese kennis absoluut bewonderingswaardig is. Sy is die vrou met die sambreel wie se rug na ons gedraai is in die foto. Herinner my als te veel aan Mary Poppins, nie waar nie?

Die swart beeld wat sigbaar is aan die linkerkant van een van die foto's is van Koningin Victoria - die monarg wat vir die langste tydperk geregeer het (63 jaar lank!). Sy's bekend as die "Widow of Windsor", omdat sy in 'n semi-permanente toestand van rou ingegaan het na haar man, Prins Albert, se dood en altyd swart gedra het daarna.



0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts