European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, May 24, 2009

Rainbow of Dreams :-)


Goed, kom ek vat julle deur 'n vinnige toer van ons nuwe woonstel. Hier is ons hallway en van die vertrekke wat daarvan af lei is: die kombuis na regs, die sitkamer reg voor wat julle kan sien, die 2de slaapkamer na links. Nog verder links is ons eerste badkamer en ons en-suite slaapkamer met ons 2de badkamer.

Ons woonstel is oud met funny groen matte, maar ons bly sover baie lekker hier. 'n Huis is tog wat mens daarvan maak. Ons sal altyd sentimenteel voel oor ons ou woonstel, aangesien soveel geliefdes daar die eerste keer vir ons kom kuier het, maar hierdie woonstel bied ons soveel meer spasie. Ons sal wel mettertyd nuwe herinneringe opbou in ons nuwe woonstel. Sien uit daarna!

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts