European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, May 11, 2014

Main Bedroom

Ons hoofslaapkamer het ongelukkig nie ingeboude kaste nie, so ons moet maar kreatief te werk gaan met stoorplek.  Ons bed is bestel en sal eers begin Junie hier wees, so ons slaap nog net op 'n matras op die oomblik.  Ons sal stelselmatig bedkassies koop vir al die essentials.  Maar ons wil meubels beperk tot die minimum - eerder kwaliteit essentiĆ«le items wat ons lank gaan dien as clutter.

Daar is 'n skrille kontras tussen die view wat ons gehad van die kaai in ons ou woonstel, en die view wat ons nou het van 'n parkeer area met 'n industriƫle depot vir stadsraad bussies reg langs ons, maar dit word darem bietjie gebreek deur die mooi kerktoring wat kop uitsteek bo die geboue.

Ek is wel heartened deur hoe aanpasbaar mens is.  As mens binne 'n spasie rondom jou kan opstel om jou te dien en vir jou te werk en dit homely kan maak, dan val die eksterne dinge wat mens gedink het onoorbrugbaar gaan wees eintlik maklik weg.








0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts