European Adventures of Toinette and Johan

Saturday, October 21, 2006

'n Vos!


Is dit nou nie ironies nie? Ons lag ons altyd dood vir die ignorant mense wat dink leeus en olifante loop wild rond in die strate in Suid-Afrika. Maar hier, in die hartjie van Londen, het ons actually 'n vos wat bly naby ons huis. Is dit nie weird nie? Shame, ek is wel bekommerd oor hom. Sy ogies lyk baie dof en hy wil-wil nader aan mens kom. Ek weet nie of dit is oor hy makker word nie (sommige mense voer hom), of omdat hy honger was nie, of omdat hy dalk hondsdolheid het nie. Ek hoop maar die arme bloedjie is okay...

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts