European Adventures of Toinette and Johan

Monday, March 12, 2007

Romeinse baddens




Die Romeinse baddens was oorspronklik bedek met 'n baie hoe dak en die waters sou in daardie tyd dus helder gewees het. Maar die dak het etlike jare terug ingestort en aangesien die baddens nou dakloos is, is die waters groen as gevolg van die sonstrale wat alge in die water veroorsaak.

Die Romeinse baddens word nie meer vandag gebruik nie en dien net as 'n museum. Daar is egter 'n moderne Spa naby die Romeinse baddens waar mens wel kan gaan swem in die warm water. Wetenksaplikes glo dat die water in die Romeinse baddens oorspronklik reenwater was wat geval het en deur die hitte van die aarde verwarm is. Hierdie is die enigste natuurlike warmwaterbron in Engeland.

Die toer is baie oulik - elkeen kry 'n luisterapparaat wat soos 'n groot telefoon lyk en as mens die nommers wat by sekere sleutelpunte aangedui word intik, word dele van die geskiedenis van die Romeinse baddens vir mens vertel.

Dis asemrowend om te dink dat hierdie Romeinse oorblyfsels tweeduisend jaar oud is. Dit is eers in 1890 herontdek en die beelde en die terrace is eers in 1894 aangelas en gebou bo op hierdie baddens.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts