European Adventures of Toinette and Johan

Monday, May 21, 2007

Wag



Atten-tion! On guard! Shame, ek kry die wagte by Windsor baie jammer. Ek dink nie dis 'n baie lekker werk om heeltyd so stil te moet staan nie. En baie kinders tart hulle juis uit omdat hulle nie mag beweeg nie. Nee dankie, ek skrop dan eerder vloere vir 'n lewe.

Toe ons aankom by Windsor was hulle besig met "the changing of the guard" (soos julle kan sien met al die swart en rooi mannetjies in die foto), maar ons het nie genoeg tyd gehad daarvoor nie en moes aanbeweeg. Sheesh, maar hulle maak darem maar 'n maaltyd daarvan, kompleet met brass band music en 'n hele procession.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts