European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, September 02, 2007

Die Verkeer Meneer!







Sjoe, as mens die verkeer in Amsterdam moet beskryf, sal ek dit as "geordende chaos" bestempel. Voetgangers, fietsryers, tremme en karre vaar almal deurmekaar deur die strate. Ons moes heeltyd mooi kyk dat ons nie in die tremspore se pad is nie en dat ons ook nie in die fietsryers se paadjies loop nie, anders word ons des dinges gery.

Amsterdam is baie fietsryer vriendelik - die meeste mense ry op fietse rond. Dit is nie snaaks om ou tannies op fietse te sien nie en dis ook nie uncool om jong studente op fietse te sien nie. Die fietsryers is omtrent hoogste op die prioriteitslys vir ryvoorrang en het hul eie baan soos jul op die foto's kan sien. Daar is ook 'n verkeerslig met 'n fiets-teken wat aandui wanneer hulle mag ry en wanneer nie. Daar is oral fietslootse vir die fietse in die dorp rond en soos daar gewoonlik ondergrondse parkering is vir motors in Suid-Afrika, is daar ondergrondse parkering vir al die duisende fietse. Heeltemal 'n ander kultuur...

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts