European Adventures of Toinette and Johan

Saturday, November 24, 2007

The Temple Bar


Tempel Bar is een van die bekendste pubs in Dublin. Dublin is voorwaar 'n baie nice plek, alhoewel daar maar 'n paar dodgy karakters daar is. Ek is nie skynheilig, kyk ek drink self, maar om op 'n nugter maag om 1 uur die middag in Dublin verwelkom te word deur 'n toeris wat uit 'n pub hol om op te gooi op straat, is nou nie juis 'n wonderlike ervaring nie. En Sondagoggend terwyl ek en Johan om half 10 die oggend ontbyt geeet het, was daar 'n ou Ier wat die restaurant ingestrompel het en gevra het vir 'n pint bier, en stert tussen die bene weggestuur is deur een van die kelnerinne wat toe se dat hulle nie bier bedien so vroeg die oggend nie.

Saterdagaand het ek en Johan 'n drankie geniet in Temple Bar terwyl 2 musikante ons vermaak het met tradisionele Ierse liedjies - dit was baie mooi en 'n ware Ierse ervaring.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts