European Adventures of Toinette and Johan

Monday, July 13, 2009

"Stories are my refuge"




Ons het vinnig 'n draai gemaak by The Writer's Museum wat materiaal vertoon van bekende Skotse skrywers soos Robert Burns, Sir Walter Scott en Robert Louis Stevenson. Daar is buite die museum etlike stene met aanhalings van bekende Skotse skrywers wat 'n nice touch verleen.

As jong seun was Stevenson baie sieklik en aangesien hy baie bedgebonde was, was sy verbeelding sy enigste toevlug. In die museum is die volgende aanhaling waarin hy hierdie liefde vir stories opsom: "When I suffer in mind, stories are my refuge; I take them like opium; and I consider one who writes them as a sort of doctor of the mind".

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts