European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, October 27, 2013

Misty Peaks

Scilly was nie heeltemal wat ons verwag het nie.  Ons het geweet dit sal nie naastenby 'n tropiese en warm tipe eiland-vakansie wees nie, maar tog het niks ons voorberei op hoe anders hierdie eilande sou wees nie.  Dit is sekerlik die plek waar die weer die vinnigste verander binne sekondes.  Die een oomblik is dit clear skies en die volgende rol die mis so skielik en dig in dat mens nie 10 meter voor jou kan sien nie.

Een ding wat mens wel van Scilly kan sê is dat dit een van die plekke met die mees ongerepte natuurskoon is wat ons al ooit besoek het.  En as gevolg van die min karre is daar ook verskriklik min besoedeling met die varsste en skoonste lug om in te asem.  

Scilly bestaan uit vyf bewoonde eilande (St Mary, Tresco, St Martin, St Agnes en Bryher) en etlike onbewoonde omrigende eilandjies.  Ons het op die hoofeiland van St Mary gebly aangesien dit die meeste eetplekke ensovoorts het en die gerieflikste vir ons was.  Maar baie mense wat die rat race probeer ontsnap en behoorlik 'n breuk van samelewing probeer neem, verkies die stiller, rustiger eilandjies.

Die vreemde ding van Scilly is hoe dit 'n houvas op mens kry:  Toe ons daar was, was daar nie veel om te doen nie en teen die tyd dat ons huis toe moes gaan was ek reg om te vertrek.  En tog, paradoksaal, kry ek myself so nou en dan waar ek verskriklik verlang na Scilly.  So dit het tog onder ons velle ingekruip sonder dat ons eers daarvan bewus was en het 'n tipe magiese bekoring.


0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts