European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, September 24, 2006

Seilbootjies

Mense kan lekker op die Surrey Quays kaai seil hier oorkant ons huis.

Camden Market


Was by Camden Market, wat 'n belewenis! Hier is mense van alle soorte en klere en goodies vir Afrika! Freak City - we love it. Ek het vir my 'n nice Indiese sak hier gekoop. In die agtergrond kan mens die Doc Martens winkel sien (met die geel Doc Martin op) en mens kan allerhande Docs hier kry. Aaagghh, variety - the spice of life...mmmmm

Chicken Tikka Masala


Vir al die Indian Food Lovers, by Bucks Head kan mens twee Chicken Tikka Masala Meals kry vir £7.50 kry. En hier bedien hulle dit met beide Naan brood en Basmati Rys - wonderlik lekker en vullend.

Hobgoblin


Hierdie is 'n dark ale

Toinette: Glad nie te bitter vir 'n dark ale nie, so 3 en sewe agtstes uit 7, nie te sleg nie

Johan: 5 uit 8

Fursty Ferret


Ek en Johan het besluit om die biere hier een vir een uit te toets. Eerste is die Fursty Ferret, 'n light ale.

Toinette: 4 en vyf-sesdes uit 6, 'n baie lekker ligte bier wat herinner aan Nottingham Road s'n

Johan: 6 uit 7, lekker lig, dink terug aan Sycamore Avenue, baie lekker

'n Selica


Vir Francois - jammer oor die swak kwaliteit en die spelling wat heel moontlik verkeerd is, maar dis darem beter as niks. Jy moet maar kom kuier boetie, jy sal 'n field day hê met al die sportkarre!

Spotted - Noddy se kar!

Noddy was ongelukkig net nêrens in sig nie, so ons kon nie sy handtekening kry nie. Wat 'n jammerte...

Steeds on tube stasie


Nog 'n foto van Surrey Quays Tube stasie, net geneem vanaf 'n ander angle!

Ons tube stasie


Hierdie is die Surrey Quays tube stasie van waar ons gewoonlik na plekk vertrek.

Rooftops


Vir een of ander rede wil Johan hê ek moet 'n foto van die rooftops plaas, hy sê Christov sal weet dis 'n comic book ding - whatever! Dis geneem vanuit die New London Theatre.

Da blue man


Vir diegene wat nie weet nie, The Blue Man Group is 'n teateropvoering met 3 blou manne en 'n baie weird, interaktiewe show. (Dis nou die groep waarvoor Tobias van Arrested Development kastig die understudy van is). Na die opvoering het hulle buite die teater gewag en mens kon saam met hulle poseer vir foto's.

The blue man group


Ek en Johan by The Blue Man Group, gehou in New London Theatre. Elkeen het 'n "head band" gekry om aan te sit en tog het die rede daarvoor nooit tydens die show geblyk nie. Probeer seker net mens se been trek. Wel, die kopbande het ons darem nostalgies teruggevoer na die dae van Teenage Mutant Ninja Turtles, Karate Kid en Rambo.

Taxi


'n Tipiese taxi - sal seker nooit in een kan ry hier nie, dis gans te duur!

Saturday, September 16, 2006

Dali gallery


'n Silhouette van een van Dali se bekende olifante buite die gallery (dit was bietjie te bewolk vir 'n mooi duidelike foto). Ons was by die Dali Universe - 'n gallery met meer as 500 van Salvador Dali se werke. Die gallery het baie indrukwekkende sketse, waterverf prente en beelde, onder andere die "lobster phone" en die "elephant and swan", maar ongelukkig geen skilderye nie.

Die London Eye


Die London Eye van buite af gesien. Ons wil en sal nog op hom gaan, maar oor naweke is die rye veels te lank. Sal nog foto's vanuit een van die pods neem en dit dan post.

Skaatsplanke aan bome!


Nog 'n tipiese Londense fenomeen: hier groei geld nie aan bome nie, wel gebreekte skaatsplanke.

Skateboard park


Hierdie is spesiaal vir jou Carla - 'n skate park met graffitti!

View van Londen


Geneem vanuit die boonste verdieping van die Oxo gebou op die Southbank van Londen naby Westminster. Sheesh, dis hoog! Beveel dit nie aan vir diegene wat hoogtevrees het nie.

Telefoonhokkie


'n Tipiese Londense telefoonhokkie!

Hyde Park


Londen het baie parke waarheen mens kan gaan vir 'n wandeling of draf en daar is ook verskeie hondeliefhebbers wat hul woefies hierheen bring om te loop en te speel. Hierdie spesifieke park is Hyde Park in Kensington Gardens, wat 15 myl lank strek. Pragtig!

'n Woefie


Hierdie een is spesiaal vir jou Ziem - 'n Weimerhamer (weet nie hoe om te spel, though)!

Standbeeld


Die park het baie imposante standbeelde en die detail is asemrowend.

Trop ou mense in Hyde Park


Kan nie my geluk glo dat ons 'n trop ou mense soos hierdie in die wildernis kon sien nie. Toinette wou hulle vryf, maar ek het haar gelukkig betyds gewaarsku.

Friday, September 15, 2006

Voordeure


Die voordeure van 2 woonstelle. Die woonstelle is teenaan mekaar en dubbel- of trippelverdiepings (ons bly in 'n trippelverdieping) om spasie te bespaar.

Indrukwekkende gebou


'n Indrukwekkende outydse argitektoniese gebou. Lyk so asof Shakespeare hier kon gebly het!

Nice kar


Boetie - hierdie een is spesiaal vir jou!

'n Straat


'n Tipiese Londonse straat.

'n Londonse Bus


'n Tipiese Londonse bus. Sien uit om in een te ry!

Ons huis


Die buitekant van die huis waar ons bly. Dit het 4 kamers (2 groot en 2 klein en ons bly ongelukkig in 'n klein een) en ons deel dit met 6 ander Suid-Afrikaners. Die ingang van ons huis is die een wat om die hoek krul

Die Thames


'n Foto van die Thames rivier (uitgespreek as Tems in Engels en Teems in Afrikaans) met bote waarmee mens oor die oewer kan gaan

Die kaai en eende


'n Foto van die kaai, met die eende wat hier bly, en die argitektuur van die geboue hier rond duidelik sigbaar

Eekhoring


'n Foto van ons eie private eekhoring wat al telkemale in ons agterjaard was

Foto van Toinette en die kaai


...oorkant ons huis waar ons bly. Was toe nog baie confused en het nie geweet presies waar ons bly nie.

Eerste Post


So ek het die kamera aan die gang gekry en ons kan nou begin om vir julle foto's te wys. Hier het ons pas in London geland. Ons is deur Heathrow en ek was klaar by die Internet Kaffee. My hare krul like crazy hierso.

Newer Posts