European Adventures of Toinette and Johan

Tuesday, October 07, 2014

Trepidation Travels - Ready or not, Exmoor here we come!

Ons het sommer 'n Volkswagen gehuur vir die week.  Soos julle kan sien uit my gesigsuitdrukking was ons maar vol trepidation, aangesien dit die eerste keer is wat ons in die UK bestuur het.  En asof dit nie genoeg was nie, het ons nog 'n aaklige ondervinding gehad met EuropCar deur wie ons die kar gehuur het.  Hulle was onbekwaam en onbeskof en het ons bespreking opgeneuk en ons het eers 4 ure later as beplan weggekom.  Asof die stres van die eerste keer bestuur in die UK nie genoeg was nie...

Maar Johan het hom goed van sy taak gekwyt, so die ys is darem nou gebreek en ek wil ook graag my beurt kry vir bestuur hier.  Ons sal mettertyd seker vir ons 'n kar koop, aangesien mens dan net meer onafhanklik is.




0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Older Posts