European Adventures of Toinette and Johan

Saturday, December 30, 2006

Happy New Year!


Aan almal wat vir ons lief en dierbaar is - ons wens julle 'n wonderlike 2007 toe! Mag dit gevul wees met gesondheid, familie, samesyn, liefde, vrede, vreugde, voorspoed en die soetste drome moontlik.

Al ons liefde
Johan & Toinette
anders bekend as
Noeks en Noeks
of
Noeks en Netta
of
saam
Trouxnoeks

Skotse see




Ons het darem voor ons vlug langs die see afgeloop op die sementpaadjie - luggage en al. Die see is baie rustiger en stiller as die Suid-Afrikaanse sees wat ons ken en op versot is. En Aberdeen, het ons gesien, is 'n baie industriele stad.

Mooie Skotland






Aangesien daar nie regtig vervoer was op Kersdag en Boxing Day nie en die feit dat die etery ons so besig gehou het, kon ons nie regtig sightseeing doen nie. Ons het wel gemanage om darem 'n paar mooi foto's te neem van Skotland. Daar is ook 'n hele paar kastele in Aberdeen en ons sou daarvan gehou het om bietjie ondersoek te gaan instel.

Ons sal maar weer in die somer 'n behoorlike sightseeing vakansie in Edinburgh gaan doen en hierdie keer baie meer bekostigbare akkommodasie kry. Ardoe House was 'n wonderlike ervaring, maar ons het al meer en meer besef ons pas nie in by al daardie posh stiffs nie. Kan nie wag om die Skotse Hoolgande in al hulle groen glorie te sien nie...

Sheesh maar dis koud!





Ons het ook een oggend vir 'n stroll gegaan op die erf, maar mense, daardie plek is verskriklik koud! Ek't gedink dit het onlangs gesneeu daar, maar die taxi drywer het gese dis ryp wat op die gras le en dit was iets soos half 4 die middag!!! Ek en Johan moes na 15 minute terug gaan indoors, want die koue was net te bytend en dit het gevoel of ons besig was om frost bite te kry! Soos julle kan sien is daar ook poele water wat geys het van die koue!

Funny bones and Serious Susan



Hey julle - check out Mr Funny Man! En check uit die silhouette van die o-so-bepeinsende Toinette wat verlangend uitstaar uit die room with a view...

Interior Ardoe House





'n Paar foto's van die kamer binne. Dis 'n baie fancy plek, maar die kamers is steeds nie so fancy soos mens dit verbeel nie. Ek wonder hoe lyk mense wat regtig geld en mag het se kamers. Ek bedoel, ek en Johan het bietjie rondgekyk vir 'n hotel om te bly oor nuwe jaar en daar was hotelle wat tot en met £1400 vra vir een aand se verblyf. Ek wonder by myself hoe moet so 'n plek lyk en hoe enigeen dit kan bekostig, of selfs bereid is om dit te betaal. Ons hele Skotland-getaway, saam met travelling expenses en al, is minder as £1400 gewees. En dan is daar mense wat omkom aan hongerte - dis absurd en eintlik 'n skande!

Ardoe House



Hier is die foto's van die vooraansig van die hotel waar ons gebly het oor Kersfees in Aberdeen, Skotland.

Mense, mense, mense, is ons vir jou gewine en gedine by daardie hotel in Skotland! Die plek was heel fancy en daar is selfs foto's van Prinses Diana wat in 1989 (moet se, dis wel 'n baie lang tyd terug!) by die hotel was. Ons reis soontoe was baie blessed - geen hold-ups of hang-ups en die taxi was darem net £22 tot by die hotel (sjoe, maar dis lekker duur). Die eerste aand het ons 'n 5 course meal gehad, met 'n glas sjampanje in die foyer en neute en olywe in garlic en olyfolie, gevolg deur 3 klein vingerhappies. Daarna is ons voorgereg bedien, waarna sop, asook lemon ice om mens se palet skoon te maak vir die hoofgereg en daarna nagereg. Johan het die kaasbord gekies vir nagereg en ek het die creme brulee gekies. Ons is die aand toe na die kerkdiens om sowat kwart oor elf die aand. Dit is by so 'n eerie kerkie met 'n paar grafte voor die kerkie gewees en binne het dit musty geruik - seker 'n kerk met 'n lang geskiedenis wat al baie jare bly staan het. Daar was ook 'n ou wat bagpipes gespeel het in true Skotland garb (dis nou die tartan rokkie).

Oggendetes was natuurlik uit die boeke met alles waaraan mens kan dink - yoghurt, allerhande vars vrugte, salami, kouevleis, kasies, jams en heuning, croissants en allerhande ander brode en pasties, sappe, koffie en tee, en warm ontbyte met die whole nine yards (selfs smoked salmon as jy dit sou verkies). Ons het ook Kersmiddagete en -aandete geniet en aandete was ook weer iets soos 'n 4 course meal. Die laaste aand was die dinner ball en ons kon voor die tyd kies tussen orange juice, sjampanje en whiskey. Toe gaan ek en mannetjie vir die whiskey op ice opsie - net te fancy shmancy mense! Die whiskey was sag op die tong en heel drinkable so op ys. Daarna was daar 'n band en die mense het Skotse danse gedoen - was nogals heel nice om die mense te bekyk. (Daar was natuurlik ook Christmas crackers en party hats). Die fyner details was ook nice - truffles in die kamer met mens se aankoms, en 'n kastige Reindeer met eye shades op onder 'n duvet in die foyer met melk en 'n wortel langs hom en 'n sign wat se: "Please be silent, he has had a rough night" of so iets - baie oulik!

Waterloo tube station


Alle Abba aanhangers (meer spesifiek Ziem, Hanta & Rene) hierdie is vir julle - need I say more?

Roltrappe na buite


Hier is 'n foto van die roltrappe vanaf die underground tube stasie by Canary Wharf bo-gronds toe. Van die roltrappe is verskriklik hoog en dit is beide fassinerend en intimiderend om te dink dat mense dit gebou het!

Kersfees





Hier is 'n paar foto's van die malls en hul Kersversierings. Canary Wharf is 'n mall wat baie naby aan ons is en dit doen nogal moeite om die kiddies te lok. Hulle het natuurlik 'n Santa op wie se skoot die kiddies kon gaan sit en vertel wat hulle vir Kersfees wil he. En hulle het allerhande Santa's helpers karakters, wat gesigte verf en balloon hats maak en met die kiddies speel en al. Daar was orals tekens van Kersfees rondom ons, en alhoewel ons die ware betekenis van Kersfees besef en op ons eie manier gevier het, het dit nie werklik soos Kersfees vir ons gevoel nie. Fandamily, ons mis julle darem maar verskriklik hoor!

My nuwe haarstyl


Vir diegene wat nog nie my nuwe haarstyl gesien het nie, hier is dit. Die verandering is lekker, maar korter hare is darem maar baie meer werk, hoor! En natuurlik lyk dit net die eerste dag nadat mens uit die haarsalon uit stap soos mens graag wil he dat dit moet lyk. Mens struggle elke dag daarna om dit weer so te laat lyk. Veral as mens se hare soveel kinks in het soos myne. Maar nou ja, soos die eerste hairdresser wat my hare die eerste keer geperm gese het, "it's painful to be beautiful darling!"

Newer Posts Older Posts