European Adventures of Toinette and Johan

Monday, March 12, 2007

Sulis Minerva





Die Romeinse baddens was 'n plek waarheen die Romeine gegaan het om:

1. Sulis Minerva, die godin van spring-water te aanbid. Daar is 'n aparte bad waar niemand gebad het nie, maar net offers gebring het aan die godin. Die kop van die beeld van die godin is jare terug gevind en kan gesien word in die foto van die glaskas.

2. Daar was oefengronde naby die baddens, so gladiators kon eers 'n lekker sweet opbou, waarna hulle dan in die warmwaterbronne van verskillende hittes kon gaan swem het.

3. Die baddens is beskou as 'n plek waar healing kon plaasvind. So baie mense wat gesukkel het met siektes ens. kon eers vir healing gaan bid by die tempel, en dan van die warmwaterbronne gebruik maak om hul siektes te help beveg of pyn ligter te maak. Die Romeine het 'n ander idee van hygiene gehad, en hulle het nie net in die waters gebad nie, maar ook daarvan gedrink omdat hulle geglo het in die healing properties van die water. GROSS! Imagine om mens se badwater te drink. En hulle het allerhande olies aan hulle lyf gesmeer om mee te bad - nie seep soos ons nie.

4. Dit was 'n bymekaarkomplek vir mense om net sosiaal te verkeer of besigheidstransaksies te voltrek, ens. Die Romeine het 'n ander perspektief gehad op naaktheid en mans en vrouens het (heel moontlik naak) saam gebad. Dit was nie vir hulle snaaks nie.

Dit was oop vir beide ryk en arm mense. Maar die verskil sou ooglopend wees. Die ryk mense het 'n hele vlaag bediendes/slawe gehad wat saamgekom het om wyn aan te dra en oor die besittings wag te hou. Arm mense het wolhanddoeke gebruik, terwyl die ryk mense linnehanddoeke gehad het. En die ryk mense het ook met hulle juwele aan gebad.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts