European Adventures of Toinette and Johan

Monday, May 21, 2007

So quaint!




Queen Charlotte Street is opgeneem in die Guiness Book of Records as die kortste straat in Brittanje (ongeveer 16 meter).

Regs daarvan gelee is Market Cross House, nou bekend as die "Crooked House Tea Rooms". Dit was oorspronklik 'n private huis wat in ongeveer 1687 gebou is. Dit leun sterk eenkant toe as gevolg van die gebruik van hout wat buite seisoen was en dus gelei het tot hierdie strukturele veranderinge.

Langs Market Cross House is die Windsor Guildhall (stadsaal) wat deur Sir Christopher Wren voltooi is in 1690. Hierdie foto wys ongelukkig net die dak van die stadsaal. Dit is hier waar Charles en Camilla getroud is. Hulle is nie toegelaat om hul huwelik offisieel in 'n kerk te voltrek nie, aangesien Camilla 'n geskeide vrou is. As mens die arch van die Guildhall van naderby bekyk kan mens sien dat die sentrale kolomme nie die dak raak nie en die storie loop dat die staatsamptenare van daardie tyd aangedring het op die kolomme vir veiligheid (om die dak "bo" te hou). Maar Wren wat dit nie as nodig beskou het nie, het die kolomme 'n spasie oopgelaat om te verhoed dat dit die dak raak, en het so die laaste se gehad.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts