European Adventures of Toinette and Johan

Monday, May 21, 2007

Stonehenge







Wat Stonehenge so mind-boggling en mysterious maak, is dat niemand verseker weet deur wie dit opgerig is, vir watter doeleindes dit opgerig is, presies wanneer dit opgerig is of hoe dit opgerig is nie. Daar is baie spekulasie rondom dit en ook hewige debatte wat tot vandag toe gevoer word daaroor. En daar is baie literatuur daaroor geskryf wat verskillende teoriee voorstel. Daar is wel bewyse wat die teorie staaf dat dit opgerig is om die son en maan te aanbid. Dit mag dalk vir sommige mense net 'n murasie klippe wees, maar daar is inderdaad 'n sekere mistieke atmosfeer daar. En die natuurskoon wat dit omring is absoluut pragtig en dra by tot die magiese gevoel.

Die Blousteen, wat die binnesirkel van Stonehenge uitmaak, is oor 240 myl ver getransporteer. Die teorie dat die Blousteen heel moontlik deur natural forces soos glaciers soontoe vervoer is, is dalk die geloofwaardigste een. Blousteen verwys na dolerites, rhyolites, volkaniese as en sandsteen. Dit is ook interessant om te weet dat alle rotsmurasies soos Stonehenge deesdae (verkeerdelik) as "henges" bekend staan. Mense is later jare van die rotse af gehang om tereggestel te word en die "hanging gallows" hou dus verband met die mense wat vorentoe en agtertoe geswaai het soos "hinges" - en vandaar die naam wat tot vandag toe nog stick. Hel, die mense was darem maar verskriklik wreed gewees.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts