European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, January 13, 2008

Auf Wiedersehen Switzerland!




Aan die einde van 'n lekker lang dag van verken in Bern, was dit tyd om terug te gaan en Christov en Jeanette te ontmoet by die hotel. Ons het die Switserland trip afgerond met 'n lekker uiteetsessie. Ons het die volgende dag vroeg opgestaan om 'n trein terug na Zurich Flughafen (Lughawe) te vang en betyds te wees vir ons vlug.

So het ons "3 days in 3 different countries mission" begin - ons het terug gevlieg na Londen Luton af vanaf Switserland, bietjie uitgespan by die huis en 'n paar stukke klere gewas en ons het weer die volgende oggend 'n pre-booked taxi gevat om betyds te wees vir ons 07:10 vlug na Amsterdam vir Nuwe Jaar. Met Nuwe Jaar in Amsterdam het meeste mense by Dam Square bymekaargetrek en daar was 'n verhoog met 'n countdown en soveel fireworks reg langs mens dat mens gedink het mens is moontlik in World War II. Maar gelukkig is niemand van ons raakgeskiet nie en het ons almal ongedeerd en nogals vol adrenalien daarvan afgekom. Daar was definitief 'n buzz wat mens nie sommer in ander plekke kry nie.

Needless to say was ons lekker moeg van al die reis en vroeg opstaan en rond gaan, maar dit was alles die moeite werd. Ons het wraggies die murg uit hierdie vakansie saam met Christov en Jeanette gesuig en het maklik seker so 10 kilometer plus 'n dag geloop om al die sights en sounds van Londen vir hulle te wys. Dit was amazing! Op die 9de Januarie het ons hulle gaan afsien by Heathrow en het almal 'n lekker traantjie gepik - dit was wonderlik om familie by ons te he, maar soos met alle goeie dinge in die lewe, moes dit tot 'n einde kom. Snik-snik...

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts