European Adventures of Toinette and Johan

Saturday, August 30, 2008

Op soek na Jim Morrison




Ons het so drie ure se sightseeing gehad die Maandoggend, voordat ons die middag moes terug Londen toe. Ons het solank uitgeboek by ons hotel en ons bagasie daar gelos, terwyl ons gou op die Metro gespring het om drie stoppe te maak.

Ons eerste stop was by Père Lachaise, een van die bekendste begraafplase in die wereld. Oscar Wilde (Ierse dramaturg, outeur en digter), Edith Piaf (die Franse sangeres van wie daar onlangs 'n film gemaak is getiteld La Vie en Rose) en Jim Morrison (die Amerikaanse digter, skrywer, regisseur en hoofsanger van die groep The Doors) is maar net 'n paar bekendes wat daar begrawe le.

Ons het soontoe gegaan met die hoop om ten miste Jim Morrison se graf te gaan besoek, maar die plek is so 'n intricate doolfhof, dat ons nie sy graf kon vind nie. Ek dink ons soektog sou suksesvol gewees het as ons meer tyd gehad het, maar ons tyd was daardie oggend ongelukkig beperk.

Ons is egter glad nie spyt dat ons daarheen gegaan het nie. Dit is enige fotograaf se droom en ek dink veral jy Carla sou dit in besonder geniet het om hier rond te loop en na hartelus foto's te neem. Die begraafplaas is pragtig - die dekadente prag van sommige van die luukse grafte is in kontras met die feit dat dooies daar begrawe le en dat dit verval in die wind en weer.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts