European Adventures of Toinette and Johan

Saturday, August 30, 2008

La Grande Arche



Onthou julle ek het gese jul moet 'n mental note maak van die kubus gebou, met die gat in die middel, wat sigbaar was vanaf die uitkykpunt op die Arc de Triomphe? Wel, hier is hy up close and (im)personal. Op ons laaste stop, voordat ons die middag terug is met die Eurostar, het ons 'n draai gemaak by La Defense - Parys se besigheidsdistrik wat ook 14 skyscrapers huisves wat meer as 150 meter hoog is.

Die gebou in die foto is genoem Le Grande Arche, wat amper 'n perfekte cube is met die volgende dimensies: 108m in wydte, 110m in hoogte en 112m in diepte. Dit is 'n kolossale gebou en mens voel soos 'n dwerg as mens voor dit staan.

Die ander foto is geneem vanaf die top van die gebou af - ons het betaal om tot bo te gaan met 'n hysbak en dit laat mens se maag nogal draai om so hoog te gaan.

Ons is toe met die Metro weer terug na ons hotel om ons bagasie op te tel en is toe uiteindelik terug Londen toe. Ten spyte van die language barrier wat dinge somtyds moeilik gemaak het, en die reen wat ons soms deurdrenk het, was ons algehele gevoel: Viva la France!

En in September le Rome en Florence voor - ons kan nie wag vir ons volgende avontuur nie.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts