European Adventures of Toinette and Johan

Saturday, August 30, 2008

Pasop! Dit reen katte en honde...


Sheesh, ons het geboek in Parys voordat ons geweet het dat Augustus die maand is waarin dit die hardste en meeste reen daar. Wel, ek en Johan het vinnig uitgevind.

Toe ons daar aankom die Vrydag het dit reeds al vir ure gereen - alles was deurnat. Maar ons kon nie laat die reen ons stop nie en het toe in elk geval die strate ingevaar, gewapen met ons sambrele. Dit het egter nie veel gehelp nie, ons was kort-voor-lank soaked to the bone en koud. But we just powered through it. Ek het ten tye van ons aankoms nie my stapskoene aangehad nie en die skoene wat ek aangehad het, was nie gemaak om nattigheid te hanteer nie. My skoene was sopnat en my sokkies was so nat dat ek dit moes wring en uithang om droog te word.

Saterdag was gelukkig 'n reenlose dag en ons het die meeste daarvan gemaak. Sondag het dit darem eers weer van die middag af begin reen en Maandagoggend was gelukkig ook weer droog. Kyk, ek is lief vir reen, maar as jy sightseeing probeer doen en foto's probeer neem met 'n sambreel in jou hand en nattigheid en koue wat orals deurslaan, is dit bietjie van 'n mission. Ag wel, alles dra by tot die avontuur...

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts