European Adventures of Toinette and Johan

Saturday, August 30, 2008

Die Metro



Parys se ondegrondse treinlyne word die Metro genoem, terwyl ons s'n hier in Londen as die Underground of Tube bekend staan. Hier is maar 2 foto's van die ingange van 2 verskillende ondergrondse treinstasies in Parys.

Daar is 300 stasies, 384 stoppe en 14 verskillende lyne, so as mens nie weet hoe dit werk nie, kan mens nogal deurmekaar raak. Gelukkig werk dit op dieselfde prinsiep as ons tube stasies in Londen, so ons het sommer vinnig reggekom.

Ons het wel orals heen gestap in Parys die eerste 2 dae, anders gaan so baie dinge by mens verby. Indien die strate van Parys enigsins oneweredig was, is dit seker nou flat soos 'n pancake, want mens, ons het vir jou Parys se strate platgestap!

PS Christov: Die buitekant van die eerste foto se metro stasie se lamppale het 'n tipe HR Giger appearance en gevoel aan hulle.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts