European Adventures of Toinette and Johan

Saturday, August 30, 2008

Precious things



Hier is maar 2 van die talle kunswerke wat te siene is in die Louvre:

Natuurlik die Mona Lisa - die portret wat deur Leonardo Da Vinci geskilder is in die 16de eeu en seker een van die bekendste kunswerke is van alle tye. Die skildery is gelee agter glas en duidelik afgesper sodat mens nie te naby daaraan kan kom nie. Mens word selfs toegelaat om foto's daarvan te neem, wat vir my en Johan nogal heel strange was, siende dat mens glad nie toegelaat word om foto's te neem in die National Art Gallery in Londen nie. Ten minste is die skildery agter glas, want die flash van kameras kan skilderye potensieel beskadig. Persoonlik, weet ek nie wat die big fuss is oor die Mona Lisa nie. Dit is nie 'n werk wat my regtig emosioneel roer of intellektueel uitdaag nie. Ek dink dit is een van daardie dinge wat net so gewild is, omdat mense so groot bohaai daaroor maak. Maar nou ja...smaak en opinies verskil.

Die ander foto is van die welbekende Venus de Milo - 'n Griekse beeld wat tussen 130 en 100 BC geskep is: "Although the Venus de Milo is widely renowned for the mystery of her missing arms among people unfamiliar with any other incomplete Greek or Roman sculpture, enough evidence remains to prove that the right arm of the goddess was lowered across the torso with the right hand resting on the raised left knee so the sliding drapery wrapped around the hips and legs could be held in place" (wikipedia).

'n Ander werk wat ons gesien het, wat uiters indrukwekkend is, bloot as gevolg van die skaal daarvan, is 'n oil-painting getiteld Le Noces De Cana (The Wedding at Cana) deur Renaissance skilder Paolo Veronese. Dit is ongeveer 7 meter by 10 meter groot en dit depict een van Jesus se wonderwerke waar hy water in wyn verander het. Dit is oorweldigend groot en mens kan nie glo dat 'n mens iets op so groot skaal kon geskilder het nie.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts