European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, September 28, 2008

Leaning tower of Pisa



Ons het gefigure ons kan ons trip maximise deur die leaning kloktoring van die katedraal in Pisa ook te siene te kry, siende dat ons vanaf Pisa se lughawe af teruggevlieg het Londen toe. Ons het die Maandagoggend uitgeboek uit ons hotel in Florence en toe die trein gevat Pisa toe (sowat 80 kilometer van Florence af). Arme Johan het ons tas 1,5 km soontoe vanaf die treinstasie en 1,5 km terug gesleep, maar dit was als die moeite werd.

Uit die foto's kan julle sien net hoe skeef hierdie kloktoring is. Die toring is opgerig in 1173, maar het kort voor lank begin leun na die suidooste as gevolg van 'n swak fondasie. Vandag leun die kloktoring egter na die suidweste as gevolg van los substrata wat veroorsaak het dat dit van rigting verander het. Die kloktoring het onlangs strukturele versterking sowel as restorasie ondergaan en mens word selfs toegelaat om teen betaling op te gaan in die kloktoring en uit te kyk oor Pisa. Sheesh, daardie mense het darem maar guts!

Ons het 'n hele klomp Afrikaners gehoor toe ons in Pisa was. Dis goed om te weet dat soveel Afrikaners hulself die guns doen om die wereld heen vol te reis.

Ons is toe terug treinstasie toe, waar ons 'n trein gevang het lughawe toe en die middag teruggevlieg het Londen toe. Arrivederci Italy - you were a wonderful host! Nou sit en wag ons vir die volgende avontuur - die son, see en berge van Suid-Afrika. Mmmmmm...

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts