European Adventures of Toinette and Johan

Thursday, April 30, 2009

Spring is in the air!



Net voordat ek begin met ons trippie na Cardiff in Wallis, wil ek graag jul aandag vestig op hierdie foto's van die pragtige lentebloeisels hier by ons in Londen. Spring is evidently in the air en die bome lyk as't ware asof hulle dragtig is met bloeisels en gebuk gaan onder die gewig van die talle bloeisels wat die takke aftrek na onder. Beautiful!

Op pad na Cardiff




Lekker vroeg op 'n Saterdagoggend en alles le nog voor. Dis altyd exciting. Ons sitplekke is duidelik sigbaar in die refleksie van die treinvensters. En ek is happy, want die sitplekke is lekker gemaklik. Net 3 ure, dan is ons daar!

Aankoms



Ons het net voor 7 in die oggend vertrek uit Londen en Carla het half-agt vertrek uit Worcester. Ons respektiewelike treine het net voor 10-uur gearriveer en ons het mekaar sommer by die treinstasie gekry. Ons was meer as gereed om te begin verken - bring it on Cardiff!

A walk in the park




Ons was lekker honger na ons trein reis en het sommer toebroodjies gekoop en dit gaan eet in een van Cardiff se vele parke. In die park was 'n see van pienk-wit tulpe wat absoluut besonders was.

Celestial Cardiff





'n Paar nice fodies van Cardiff.

Suid-Afrikaanse geskiedenis in Cardiff


Die verhouding tussen Wallis en Suid-Afrika gaan 'n lang tyd terug. In die museum was daar baie verwysings na Welsh soldate wat gestuur is om te veg in die Anglo Boere-oorlog tydens 1899 tot 1902.

Daar was ook sekere memorials soos hierdie beeld wat opgerig is in herinnering aan Welsh soldate wat geval het in verskillende plekke in Suid-Afrika tydens die Anglo Boere-oorlog. Suid-Afrikaanse plekname soos Kimberley, Driefonteine, ens. was ook daarop geskryf. Dis seker van die plekke waar van die Walliese soldate gesneuwel het tydens die stryd.

The Red Dragon




'n Rooi draak is op Wallis se nasionale vlag en daarom kom die draak ook voor op baie ander plekke rondom Cardiff soos versierings (foto 2) of die toppunt van geboue (foto 3). Die draak is 'n simbool van mag en outoriteit.



'n Paar foto's geneem in die park langs Cardiff Castle. Hulle het die mooste bome in die park en van die bome kan mens sien is reeds jare oud met verskriklike dik stamme. Oud en wys.

Daar was selfs 2 hippis wat 'n bietjie tree-hugging gedoen het :-)

Die drie (reisende) musketiers


Een vir almal en almal vir een!!! :-)

Cardiff Castle






Cardiff Castle se geskiedenis strek so 2000 jaar terug:

"Roman soldiers slept here, noble knights held court here, and the Bute family, with extraordinary wealth and vision, transformed the castle into a romantic Victorian fantasy. 'Eccentric genius' William Burgess was give free rein to create the lavish and opulent interiors." [Cardiff Castle pamphlet]

As gevolg van die feit dat die kasteel so baie eras oorleef het en deur so baie mense besit is op verskillende tye, bestaan die kasteel uit 'n mengelmoes argitekturele aanbouings. Dis pragtig.

View from the top!





'n Paar foto's wat geneem is van die bokant van die fort wat apart staan van die res van die kasteel en op 'n koppie gebou is wat omring is deur water wat sowat 6 meter diep is. Foto 1 is van die fort self.

Cardiff Castle interior








Hier is 'n paar foto's van die binnekant van Cardiff Castle. Dit is verskriklik mooi, ornaat en gedetailleerd. William Burgess het 'n fantasiewereld ontwerp in 'n tipies Victoriaans-Gotiese styl.

Animal Wall









Volgens oorlewering wou John Patrick Crichton-Stuart, 3rd Marquess of Bute, graag 'n dieretuin gehad het. Maar kon nie permissie daarvoor kry nie en het toe maar besluit om die animal wall te laat bou wat deur William Burgess ontwerp is. Dit lyk asof al die diere besig is om oor die muur te klim en ontsnap - baie oulik!

Christov & Jet: Die 3de laaste foto laat my en Noeks dink aan Nan :-)

Fancy Schmancy





Die hotel waar ons gebly het was 'n 4-ster hotel en ek moet se ek was baie beindruk met hul goeie diens en doeltreffendheid. Die hotel het ook 'n sauna, swembad en spa waarvan mens gebruik kan maak, maar ons tyd was bietjie beperk so ons kon ongelukkig nie daarby uitkom nie.

Die hotelkamer was lekker groot met 'n massiewe hoekvenster wat 'n mooi uitsig bied oor Cardiff. Johan le ook net al te vermakerig uitgesprei op die bed. Posh to the max people!

Happy campers!




Net 'n paar foto's van die travellers :-)

Good times!

Newer Posts Older Posts