European Adventures of Toinette and Johan

Thursday, April 30, 2009

Welsh taal




Welsh is 'n taal in eie reg wat afstam van Celtic en word vandag deur 750 000 mense wereld wyd gepraat in Wallis, Engeland, Argentinie, Canada, Amerika, Nieu Zeeland en Australie.

Dit is 'n baie vreemde maar interessante taal en klink anders as enige taal wat ek al ooit gehoor het. Hier is 'n paar foto's van die taal. Vir die taalkundiges (in besonder Carin, Hanta en Karien) ek glo julle sal die volgende interessant vind. Vir diegene wat nie in taalkunde belangstel nie, slaap maar gerus solank:

Op foto 1 is die Welsh woord vir polisie "heddlu", maar die u word as 'n y uitgespreek.

Op foto 2 is die Welsh woord vir bus "bws" en dit bestaan dus net uit konsonante, maar ek glo die w word seker as 'n klinker uitgespreek.

Op foto 3 is daar 'n woord "gwmpas" wat "around" of "about" beteken en sommer 4 konsonante in 'n ry het. Weird!!!!

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts