European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, September 28, 2008

Vatican City




Toe ons in Rome was, het ons 'n draai gemaak by die Vatican ten einde die Sistine Chapel te besigtig. Vatican city is die kleinste, onafhanklike staat in die wereld ten opsigte van populasie en area; 'n reuse muur omring 44 hektaar waarin 'n populasie van 800 mense bly. Dit word oorheers deur die Pope.

Hier is 'n paar foto's van die geskilderede plafonne van die gange binne die Vatican. Ons het ook die Sistine Chapel te siene gekry - die welbekende kapel waar Michelangelo God creates Adam geskilder het. Ons kon ongelukkig nie foto's daarvan neem nie, aangesien dit verbode is.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts