European Adventures of Toinette and Johan

Monday, July 13, 2009

King of the Hill



Ons het ons laaste reserwe energie gebruik om Calton Hill te klim wat 'n lekker uitkykpunt is oor Edinburgh.

Die Nasionale monument is opgerig om diegene se lewens te herdenk wat in die Napoleonic Wars gesterf het. Dit is gemodelleer op die Parthenon in Atene en is beroemd daarvoor dat dit OF half-voltooi lyk OF half-voltooid is. 'n Plaaslike mite is dat die monument veronderstel was om 'n volledige replika te wees van die Parthenon, maar dat die projek half-pad deur konstruksie uit geld gehardloop het en dat net een deel van die struktuur dus voltooi is. Glasgow het glo aangebied om Edinburgh finansieel hulp te verleen om die projek te voltooi, maar Edinburgh was glo te trots om die hulp te aanvaar. Gevolglik het die monument die bynaam Edinburgh's Disgrace of Edinburgh's Folly gekry.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts