European Adventures of Toinette and Johan

Monday, July 13, 2009

Rus in vrede




Ons het die dag afgeeindig deur te stop by 'n interessante begraafplaas genaamd Kilmuir Graveyard.

Die eerste foto is van die grafsteen van 'n man wat dood is toe 'n rollende klip op sy kop geval het. Die grafsteen is glo die einste klip wat op hom geval en sy dood veroorsaak het. Nogals makaber en ironies...

Die tweede foto is van die grafsteen van Charles MacArthur, die laaste "hereditary piper to the MacDonalds of Duntulm Castle". Die inskripsie op sy grafsteen is onvoltooid: Charles se seun het 'n mason gekry om die grafsteen se inskripsie te maak, maar is tragies self dood toe hy verdrink het. Die mason het toe gedink dat hy nie nodig het om die inskripsie klaar te maak nie, siende dat hy in elk geval nie vir sy arbeid betaal sou word nou dat die seun dood is nie. So dit is tot vandag toe nie voltooi nie. Skande...

Meer foto's en inligting kan gerus hier gesien word.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts