European Adventures of Toinette and Johan

Thursday, September 02, 2010

Kunsmuseum Tate St Ives


Kuns is GROOT in St Ives. Oral is kunsgallerytjies en skilderye uitgestal in winkelvensters. St Ives het ook 'n ryk kunsgeskiedenis, aangesien die natuurskoon en die intensiteit van die lig wat beter is daarso, as muse vir so baie kunstenaars gedien het oor die jare.

Aangesien dit bewolk was, het ons Vrydagoggend sommer by die Tate deurgebring waar allerhande moderne kunswerke vertoon word. Dis gelee by Porthmeor strand. Die ronde koepel regs bo in die foto is die dak van die gebou. Die samesmelting van die natuur (die see) en die mensgemaakte (kunswerke) is wonderbaarlik.

Daar was 'n Picasso, 'n Jackson Pollock, en Christov - daar was ook 'n Rothko!

Daar was 'n groot uitstalling van 'n Hollandse artist Lily van der Stokker wie in Amsterdam bly en wie se werke al in Parys en New York ook vertoon is. Haar dekoratiewe en kinderlike kunswerke ondermyn die idee dat kuns noodwendig swaar, ernstig en formeel moet wees. Ek het dit baie geniet: http://www.tate.org.uk/stives/exhibitions/vanderstokker/default.shtm

Nou ja, ons het lekker koffie gedrink en toe ons uitkom, toe skyn die son 'n hond uit 'n bos uit. We were blessed...

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts