European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, July 24, 2011

Heading to St Ives - AGAIN!!!



Hier is ek en Johan op die 5-en-'n-halwe-uur treinrit op pad St Ives toe.

Laas jaar het ons verlief geraak op St Ives toe ons daar was. Hierdie jaar wou ons graag bietjie 'n nuwe plek verken. Ons wou graag na die Scilly Isles toe gaan - 'n groepie van 5 eilandjies wat net van die punt van Land's End in Cornwall geleë is.

Maar daar is so baie toeriste wat op vakansie gaan en wanneer hulle waai weer hulle vakansie vir die volgende jaar klaar bespreek, so dit is nogals moeilik om plek te kry daarso. Dit is nogals gesog, en daarom sal ons baie vroeër moet bespreek as ons 'n plekkie tydens die somermaande daar wil kry. Aangesien ons dus nie hierdie jaar plek kon kry in Scilly nie, het ons toe maar besluit om weer St Ives toe te gaan om bietjie die batterye te herlaai vir die res van die jaar. Scilly sal maar moet oorstaan tot 'n volgende keer...

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts