European Adventures of Toinette and Johan

Wednesday, July 24, 2013

Animal Farm

Ons gasvrou, Joanna, en haar man, Graham, het omtrent baie diere op hulle kleinhoewe:

Ons was so bevoorreg om ons eie persoonlike perd in ons voor-erf te kon gehad het.  Sy naam is Nelson en hy is 35 jaar oud, so hy leef al langer as ek en Johan!  Hy het ons sommer dadelik tuis en welkom laat voel.  

Dan is daar die springer spaniels, Poppy en Suzie (waarvan Suzie doof is), en kort-kort vir ons kom kuier het by ons cottage.

Daar is ook 'n paar wit eende wat lyk asof dit reguit uit 'n Beatrix Potter kinderboek geloop het, 'n dammetjie met nog eende en 'n paar tarentale.  Asook 'n antieke papegaai wat self 35 jaar oud of 45 jaar oud is (ek kon nie presies hoor hou oud nie, maar ieder getal is indrukwekkend!) 

Om alles af te rond is daar 'n paar katte (die een kat se pels lyk soos 'n tier en is pragtig).









0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts