European Adventures of Toinette and Johan

Wednesday, July 24, 2013

Gorgeous Lydford Gorge

Ons het besluit om Maandag Lydford Gorge toe te gaan, wat die diepste gorge in die Suidwes is.  Dis 'n pragtige vallei met indrukwekkende rotsformasies wat oor die laaste 10 000 jaar deur die River Lyd uitgekerf is.

Ons het 'n 5 kilometer walk deur die ruig, groen bos gevat en dit het ook 'n betowerende waterfal ingesluit wat 30 meter hoog is en die Whitelady Waterfall gedoop is.  Verder aan het ons oor die Devil's Cauldron geloop - 'n pot hole wat natuurlik gevorm is.

Dis verstommend hoeveel variasies van groen die verskillende plante en bome in die bos aanneem en ten tye is die groen so helder dat dit eintlik oorweldigend is vir mens se oë.  

Dit was regtig 'n magical ervaring gewees en het ons week in Dartmoor sommer perfek afgeskop.














0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts