European Adventures of Toinette and Johan

Wednesday, July 24, 2013

Drake's Trail Cycling Route

Drake's Trail is 'n 34 kilometer cycling & walking roete wat tussen Tavistock en Plymouth geleë is.  

Ons gasvrou was gaaf genoeg om ons almal by 'n plaaslike fietswinkel af te laai wat fietse uithuur.  Ons het toe elkeen 'n fiets gegryp en Drake's Trail aangepak.

Ons het egter net van Tavistock tot Yelverton gery, en nog 'n bietjie deur 'n pragtige bos daar in Yelverton self, maar is nie al die pad af Plymouth toe nie.  

Ons moes oor twee pragtige brûe ry:  Gem Bridge en die Magpie Viaduct.  

Ons moes ook deur 'n ou treintonnel ry wat nie meer in gebruik is nie, genaamd Grenofen Tunnel, wat nogals 'n scary ervaring was aangesien dit pikdonker is met water wat van die dak af lek en kort-kort op mens drip.

Voor ons omgedraai het om terug Tavistock toe te ry, het ons op wilde ponies afgekom wat eintlik baie mak voorkom aangesien hulle glad nie mens-sku is nie (hulle is seker al gewoond aan baie toeriste wat daar kom en gaan).













0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts