European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, May 11, 2014

Home, Sweet Interrum Home...

Ons huurhuis is 'n 1930's huis met 2 vloere in Epping, wat op die Noord-oostelike buitewyke van Londen geleĆ« is en dit bestaan uit:  'n sitkamer, eetkamer, kombuis en toilet op die grondvloer, sowel as twee slaapkamers en 'n badkamer op die 1ste vloer.  Dit is geleĆ« in 'n stegie reg van die hoofstraat af en as mens nie persoonlik weet van die huis nie, sou mens nooit kon raai daar is 'n huis daar nie.  Dis semi-detached, so die regterkantste deel is ons huis en die linkerkantste deel is ons bure s'n (hulle is gelukkig baie stil, so daar is geen sonde met die bure sover nie).

Om so naby aan die hoofstraat te bly het sy voordele - ons is 'n paar honderd meter van die winkels af, so dit is baie gerieflik vir ons wat nie 'n kar het nie.  En die tube stasie is maar net 10 minute se stap weg.

Ons hoop dat ons in die jaar 'n huis sal kry in Epping om te koop.  Maar die huismark is baie stadig op die oomblik, so ons sal maar moet wag en sien wat die toekoms oplewer.



0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts