European Adventures of Toinette and Johan

Tuesday, October 07, 2014

Trepidation Travels - Ready or not, Exmoor here we come!

Ons het sommer 'n Volkswagen gehuur vir die week.  Soos julle kan sien uit my gesigsuitdrukking was ons maar vol trepidation, aangesien dit die eerste keer is wat ons in die UK bestuur het.  En asof dit nie genoeg was nie, het ons nog 'n aaklige ondervinding gehad met EuropCar deur wie ons die kar gehuur het.  Hulle was onbekwaam en onbeskof en het ons bespreking opgeneuk en ons het eers 4 ure later as beplan weggekom.  Asof die stres van die eerste keer bestuur in die UK nie genoeg was nie...

Maar Johan het hom goed van sy taak gekwyt, so die ys is darem nou gebreek en ek wil ook graag my beurt kry vir bestuur hier.  Ons sal mettertyd seker vir ons 'n kar koop, aangesien mens dan net meer onafhanklik is.




Safety First!

Ons het vir Homer (oftewel Homey soos ons hom deesdae noem) 'n kar-harnas gekoop wat omtrent gelykstaande is aan 'n seatbelt vir honde.  Hy het gelukkig nie 'n probleem met kar ry nie en bespeur alles lekker nuuskierig rondom hom.

Ons het selfs vir hom 'n reënjassie gekoop, maar dit was so droog ons het uiteindelik nie nodig gehad om dit te gebruik nie.  Maar met die reëns wat nou op pad is, is dit darem 'n belegging vir die nat, wintermaande.








Halsecombe Cottage - simply delightful!

Ons het in 'n delightful, quaint & dog-friendly cottage gebly wat baie gerieflik en lekker was:  A home away from home.  En dit het darem ook Homey se goedkeuring weggedra.  Dink as dit van hom afgehang het sou ons daar moes gebly het, maar nou ja, ma en pa moet gaan waar die werk is :-)
























Views to die for darling!

Ons het 'n pragtige uitsig gehad oor die landerye en die see in die verte.








Little Touches

Daar was allerhande little touches rondom die huis wat dit super cosy, spesiaal en gemaklik gemaak het.  Die vuurmaakplek was klaar gepak met hout en kindling en kon net aangesteek word.  Daar was 'n rakkie met 'n versameling boeke wat almal in die omgewing afspeel.  En die badkamer het selfs underfloor heating gehad - 'n luxury waarmee ek myself definitief eendag sal bederf as ek die lotto wen :-)









Terrifying Terraces

Ek is bly ek is nie die tuinier vir Halsecombe Cottage nie!  Die huis bestaan aanvanklik uit drie terasse:  die onderste vlak waar mens die kar parkeer, die middelste vlak waarop die huis staan en dan die boonste vlak met verskeie appelbome en 'n klein Gazebo met 'n hekkie wat direk uitloop op 'n voetpad teen die heuwel op.  'n Klomp vakansiegangers in 'n winnebago het teen die heuwel probeer uitry en daar was net rook en die geskree van bande orals.  Dink hulle moes uiteindelik ompad ry, want dit is eenvoudig net te steil vir hulle gewig.









Wildlife here...wildlife there...wildlife everywhere!

Nie net was die uitsig besonders nie, maar ons was ook gelukkig genoeg om 'n bokkie te sien teen die heuwel sowel as 'n arend wat op 'n tak gesit het.  Die eienaars van die plekkie wat ons gehuur het, het ook oral bird feeders opgesit rondom die huis, so terwyl ons binne gesit en puzzle bou het, kon ons uitkyk by die vensters en die voëltjies dophou.












Enchanting Porlock

Die diversiteit van Exmoor se landskap is stunning.  Ons het in 'n klein dorpie gebly genaamd Porlock, waar die digters Wordsworth en Coleridge ook baie gekuier het in hulle tyd:

"Exmoor is loosely defined as an area of hilly open moorland in west Somerset and north Devon in South West England.  The hills of Exmoor surround Porlock on three sides, with the purple heather covered moors cut by deep, often wooded combes with clear sparkling streams at their base.

The spectacular beauty of Exmoor is protected by the Exmoor National Park Authority and the National Trust, with the flora and fauna on the moor helped by the award-winning purity of the air. In addition, Porlock Bay has received EU awards for the cleanliness of the sea-water. Its unique situation allows Porlock to enjoy a wonderful, warm and soft climate."  [Wikipedia]

Nie net is die lug super skoon daar nie, daar is ook min ligbesoedeling en is daarom 'n wonderlike plek vir star gazers.  Ons moes juis flitse saam vat aangesien straatligte beperk is tot die minimum daarso.  Ons was ook verskriklik gelukkig met die weer en daar het nie een druppel reën geval in die tyd wat ons daar was nie, so ons kon lekker rondrits.










Porlock Parade

Ons was gelukkig om in Porlock aan te kom net voor die jaarlikse parade plaasgevind het daardie Saterdagmiddag.  Plaaslike inwoners trek allerhande kostuums aan en paradeer deur die strate om geld in te samel vir verskeie charities.








Newer Posts Older Posts