European Adventures of Toinette and Johan

Monday, February 12, 2007

Binne kasteel











Van daardie tyd se kamers en meubels binne die kasteel.

Armour











Foto's van die armour in daardie tyd, asook van die swaarde wat hulle gebruik het. En die remains van iets wat soos 'n kolossale takbok lyk...

Wreedaards!
















Dit is regtig chilling om te besef hoe barbaars die sogenaamde gekultiveerde en opgevoede mense van daardie tye eintlik was. Hulle was verskriklik wreed. Ons het in die dungeon ingegaan - 'n beknopte en donker gat onder die grond. Sekere gevangenes is vir jare daaronder gelaat.










Daar is ook 'n paar foto's van die martelmetodes wat hulle in daardie tye toegepas het. Lees maar gerus (dit is ook interessant waar die groep Iron Maiden hulle naam van gekry het).

Kasteelkaskenades


Hulle het allerhande informatiewe praatjies by die kasteel oor die wapens wat hulle byvoorbeeld in daardie tyd gebruik het, en die veguitrustings wat hulle gedra het. Baie interessant.

Off with her head!


Ag nee! Ek dink hulle het deurmekaar geraak met die name - ek is Toinette, nie

(Marie An)Toinette nie. Gelukkig kon my valiant prince my red (dis nou Johan, natuurlik)!

Bird's eye view van kasteel











Daar is 'n paadjie na die boonste top van een van die kasteelpunte. Dit is 'n vreesaanjaende paadjie - sowat oor die 5oo dun, klein trappies, wat by tye amper pikdonker is. Maar dit was als die moeite werd. Die uitsig is asemrowend. Ongelukkig moes Johan maar wegbly van die kant van die toppunt af, want sy hoogtevrees het begin inskop.

Warwick Castle











'n Paar kilometer van Stratford-upon-Avon af is Warwick Castle (Warwick uitgespreek as Warrick). Net 'n bietjie informasie oor die kasteel (wat gespruit het uit 'n fort) om julle 'n idee te gee van hoe lank terug hierdie kasteel se geskiedenis strek.








"Warwick Castle overlooking the River Avon, lies in the town of Warwick of the English county of Warwickshire. It is traditionally associated with the earldom of Warwick, one of the oldest in England. The castle today is a popular tourist attraction and attracts tens of thousands of visitors from all over the world.








Legend has it that the first fortification of significance on the grounds of Warwick Castle was erected by the daughter of Alfred the Great, in the year 914. This almost certainly replaced older wooden fortifications which had proven ineffective against marauding Danes who sacked the town during the reign of her father. This fortification was part of a network built to protect the Kingdom of Wessex.
The remains of this ancient fortification can still be seen on Ethelfleda's Mound, a mound of earth at the southern end of the castle's courtyard. As intriguing as this legend is, the majority of the remains date from the period of Norman rule.
After the Norman Conquest of England in the 11th century, William the Conquerer appointed Henry de Newburgh as Earl of Warwick. During this time, a Norman motte-and-bailey fort was erected."

Skoenlapperplaas


'n Foto van een van die honderde skoenlappers by die skoenlapperplaas in Stratford-upon-Avon. Hierdie spesifieke een het deurskynende vlerke.

Shakespeare se burial place











Shakespeare het 'n spesiale burial place binne die Holy Trinity Church. Die kerk self is asemrowend. En in 'n sekere hoek is 'n spesiale plek aan Shakespeare toegewys. Daar is 'n bordjie by sy graf wat lui:








"Good friend, for Jesus' sake forbear




To dig the dust enclosed here,




Blessed be the man that spares these stones,




And cursed be he that moves my bones".








Sommige mense beweer dat Shakespeare self hierdie woorde geskryf het, en as mens kyk na die galgehumor daarin, was dit wel baie moontlik hy.




Shakespeare sculpture trail in Great Garden







Amerikaanse argitek, Gregg Wyatt, het 'n paar beelde gemaak ter ere van 5 van Shakespeare se plays, naamlik A Midsummer Night's Dream, The Tempest, Hamlet, Julius Caesar and King Lear. En daar is nog beelde in die pyplyn.






"The Great Garden of New Place is a free public space situated on Chapel Lane, which originally formed part of Shakespeare’s large estate. With beautiful herbaceous borders and box and yew hedges, and an Ancient Mulberry Tree rumoured to be a cutting of one that Shakespeare had planted, it is a tranquil space enjoyed by Stratfordians and Visitors alike, a perfect place for lunch or a picnic!"

Binne Shakespeare museum











Mens word ongelukkig nie toegelaat om foto's van die uitstalling binne Shakespeare se huis af te neem nie. Ons mag egter die foyer afgeneem het. Daar is sulke ronde metaalborde met voorstellings van al Shakespeare se plays wat hy nog ooit geskryf het op die muur voor die ingang. Baie indrukwekkend.

Shakespeare se huis







Die plek waar Shakespeare vir verskeie jare geleef en gewerk het, staan bekend as Shakespeare's Birthplace. Hier is 'n paar foto's van die buitekant van sy huis.

Stratford-upon-Avon






















'n Paar foto's van Stratford-upon-Avon (die dorpie waar Shakespeare gebly het) soos dit deesdae lyk. Dit het ongelukkig baie gereen die dag wat ons daar was, so ons kon nie daarin slaag om die splendour van alles te capture nie. Dit is 'n baie quaint, tipiese ou-Engelse dorpie. Pragtig.

Royal Albert Hall







Ek en Johan het die welbekende Cirque du Soleil (Circus of the sun) se vertoning by die Royal Albert Hall gaan kyk. Ons het box seats gehad - so een van die werkers daar moes vir ons 'n klein kompartementjie oopsluit op die 2de vloer en dit is net groot genoeg vir 6 mense (in 3 rye van 2 sitplekke ingerig). Ons sitplekke was heel voor, so ons het 'n goeie uitsig gehad. Die venue en die vertoning was 'n belewenis!

Sneeu!
















Hier is 'n paar foto's van sowat 3 weke terug se sneeu. Dit het laas week ook weer gesneeu in Londen. Die sneeu smelt egter relatief vinnig, so dis maar van korte duur!

Newer Posts Older Posts