European Adventures of Toinette and Johan

Saturday, November 11, 2006

Hamleys & homesickness


Hamleys: Hier is 'n foto van my Hamleys werknemerkaart. Ignoreer maar die "night staff" daarop - dink hul't uit kaarte gehardloop. Ek werk eintlik as 'n merchandising assistent - ons raise en receive orders in Denemarke. Soos ek reeds gesê het, is Hamleys soos Reggies in SA, maar net Europa. Siende dat ek vir hulle werk, kan ek 35% spaar op speelgoed aankope. Ek was onlangs in die winkel (wat bestaan uit 4 vloere) en het allerhande cute dinge gesien wat ek wil koop vir Marcus.

Homesickness: Ek en Johan kom al hoe meer agter hoe baie ons julle by die huis mis. Johan raak soms lekker cranky, en ek weer huil soms oor die kleinste dingetjie, soos as ek 'n cute woefie sien. Laas week was ek so frustreerd en hartseer dat ek sommer by 'n treinstasie aan die tjank gegaan het.

Moet my nie verkeerd verstaan nie: Ek is nie vir een sekonde spyt ons het hierheen gekom nie. Ons het nog nooit 'n beter besluit gemaak in ons lewens nie. Die ondervindinge wat mens hier opdoen bou soveel karakter, en veral met die ondervinding wat Johan hier opdoen t.o.v. sy werk, is dit wonderlik. Daar is soveel geleenthede hier. Ek en Johan het so baie geleer oor die lewe en oor onsself die afgelope ruk. Ons het besef nou dat ons ons eie gesinnetjie is en dat ons op ons eie voete kan staan en heeltemal onafhanklik kan wees. Ons het regtig "grootgeword". Ons wedervaringe die afgelope tyd het net vir onsself bevestig dat ons vertroue kan hê in onsself en in ons vermoe om besluite te neem en die gevolge daarvan te dra, asook om 'n plan uit te voer, en nie net 'n plan te bedink nie. Ons is oud en lelik genoeg om vir onsself te besluit. Ons het ook meer selfvertroue en die wêreld is nie meer so 'n scary en intimiderende plek nie. Londen verbreed regtig mens se verwysingsraamwerk en gee mens meer perspektief oor jou eie kultuur en wortels.

Maar steeds, kan woorde nie beskryf hoeveel ons julle mis nie. Dit is soos die vers in Breyten Breytenbach se gedig, waarin die spreker aan sy geliefde sê dat sy soos "vlerke is waarmee ek nie kan vlieg nie". Julle afwesigheid is vir ons soos 'n konstante teenwoordigheid, iets wat ons altyd saamdra en wat ons altyd van bewus is. Dit is soos 'n skepsel wat vorm aanneem en ons rondvolg soos 'n skaduwee, waar ons ook al mag gaan. Julle liefde gee ons vlerke om te vlieg, maar omdat ons so bewus is van die afwesigheid van julle in ons lewens, kan ons nie vlieg nie - ons sal maar weer vlieg en sweef as ons in mekaar se geselskap is. Julle liefde dra ons darem deur die donker dae.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts