European Adventures of Toinette and Johan

Monday, March 12, 2007

Romeinse Tegnologie



Die Romeinse tegnologie was verskriklik gevorderd vir daardie tyd. Hulle het byvoorbeeld hulle eie sentrale verhitting stelsel gehad, waarvan julle meer kan gaan lees by http://www.romans-in-britain.org.uk/inv_central_heating.htm

Die sisteem is 'n hypocaust genoem en het gewerk deur 'n vloer bo-op hopies teels te laat rus. 'n Vuur is gestook naby een van die mure se openinge. Daar is verskeie lugpype gewees om die warm lug wat sodoende gegenereer is, te akkommodeer en sodoende die vloer en mure te verwarm.

Dit is egter baie donker daarbinne en ons kon nie regtig 'n mooi foto neem daarvan nie, maar die link wys darem 'n duidelik foto van hoe dit lyk.

Verder is daar verskeie oorblyfsels van die stene wat gebruik is in die oorspronklike geboue en die foto van die modelgebou is 'n voorstelling van hoe die geboue oorspronklik gelyk het.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts