European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, September 02, 2007

Ons nuwe kaia
















Goed mense, hier is die fototjies van ons nuwe kaia. Ons bly baie lekker en die uitsig vanuit die leefvertrek is glad nie sleg nie. Ons het 'n een-slaapkamer woonstel: 'n klein portaaljtie, 'n groot leefvertrek waarin ons 81 cm skerm televisie - hemels! - staan, 'n kombuis, badkamer en 'n slaapkamer. Alles wat mens nodig het. Nie juis die kleurskema wat ek sou kies nie, maar mens werk met wat mens het. Ons bure is ook lekker stil, so dis 'n lekker woonstelblok om in te bly.

Die foto waarin die uitsig van die geboue sigbaar is: Die area word Canary Wharf genoem - dit is net een stop van ons af en ons doen baie keer shopping daar, gaan fliek daar, of gaan drink 'n drink daar.

Die close-up van die tulpe op die eetkamertafel: Dit is gekerfde en geverfde houttulpe wat in Amsterdam gekoop is as 'n souvenir.

Ons voordeur het nie minder as 3 slotte - so ons voel ten minste baie veilig.

Kyk, mens moet vinnig leer om nie alles te convert van Ponde na Rande toe nie - hierdie is immers een van die duurste plekke om te bly in die wereld. Maar mens word ook baie meer betaal as wat mens byvoorbeeld betaal sou word in SA, so dit balanseer mekaar uit. Maar steeds - dis crazy om te dink dat ons met die geld wat ons betaal om maandeliks ons 1-slaapkamer woonstel te huur hier in Londen, maklik 'n 4-slaapkamer huis kon koop in SA!

Rooilig distrik


Wat? Die opskrif is Rooilig distrik. Hoekom dan hierdie foto? Wel, mens mag ongelukkig nie foto's neem van die verskeie prostitute wat hulself vertoon in die vensters in die Roolig distrik nie. Daarom dat ek maar hier net 'n foto indruk en net praat oor die Roolig distrik.

Amsterdam is 'n baie liberale plek en seks is nie iets snaaks daar nie. Prostitusie is wettig en die prositute huur elkeen 'n kamer met 'n venster waar hulle staan in hul onderklere (of soms sonder onderklere) en hulself adverteer. As hul besig is met 'n klient, word die rooi gordyne toegetrek. Al die toeriste is baie nuuskierig. Dit is baie vreemd om saam met allerhande ou tannies verby die prostitute se kamers te loop - sommiges giggel, ander is openlik geskok, en ander probeer hul walging wegsteek. In Amsterdam is dit ook nie snaaks om 'n restaurant en 'n sekswinkel reg langs mekaar te he nie - hul is glad nie skaam nie.

Canal Cruises







Amsterdam het verskeie kanale en ons het 'n lekker kanaalvaart geneem op een van die baie bote wat beskikbaar is.

Van Gogh Museum



Ons was by die Van Gogh museum gewees. Dis darem mind-boggling om te dink dat ons voor die skilderye gestaan het wat die briljante, tog emosioneel en psigies versteurde Van Gogh jare terug self geverf het.

Deja Veux?


Christov, Jeanette - lyk dit bekend? :-)

Amsterdam, o Amsterdam











Net 'n paar mooi foto's van die argitektuur en kultuur van Amsterdam. Hmmmm....

Fiets taxis?


Kyk net - mens kan selfs 'n fiets taxi kry in Amsterdam. He-he-he!

Meneer Pannekoek


Ek en Johan het hierdie winkel se naam "Meneer Pannekoek" baie amusant gevind!

Dis baie interessant - ons kon meeste van die bordjies en menus en so aan lees en verstaan wat daar geskryf staan, al is dit in Hollands, asook van die mense wat in Hollands praat. Maar ek moet wel noem dat ons ander dialekte - soos mense wat van die platteland af kom byvoorbeeld - nie kop of stert van kon uitmaak nie. Dit hang maar af van die tipe dialek, maar ek glo mens sal vinnig kan leer.

Die Verkeer Meneer!







Sjoe, as mens die verkeer in Amsterdam moet beskryf, sal ek dit as "geordende chaos" bestempel. Voetgangers, fietsryers, tremme en karre vaar almal deurmekaar deur die strate. Ons moes heeltyd mooi kyk dat ons nie in die tremspore se pad is nie en dat ons ook nie in die fietsryers se paadjies loop nie, anders word ons des dinges gery.

Amsterdam is baie fietsryer vriendelik - die meeste mense ry op fietse rond. Dit is nie snaaks om ou tannies op fietse te sien nie en dis ook nie uncool om jong studente op fietse te sien nie. Die fietsryers is omtrent hoogste op die prioriteitslys vir ryvoorrang en het hul eie baan soos jul op die foto's kan sien. Daar is ook 'n verkeerslig met 'n fiets-teken wat aandui wanneer hulle mag ry en wanneer nie. Daar is oral fietslootse vir die fietse in die dorp rond en soos daar gewoonlik ondergrondse parkering is vir motors in Suid-Afrika, is daar ondergrondse parkering vir al die duisende fietse. Heeltemal 'n ander kultuur...

Vondelpark




Ons hotel was ongelukkig nie baie sentraal nie - ons moes so 15 na 20 minute stap na die city centre. Maar Vondelpark was gelukkig so paar honderd meter van ons af. Die park is pragtig en 'n lekker uitkykpunt vir almal wat deur die park ry: Ons het verskeie trotse pappas gesien wat hul kinders deur Vondelpark ry op hulle custom-made fietse. En natuurlik was daar ook die oulikste woefters om te aanskou.

Hotel De Filosoof









Die hotel was wel vrek duur, maar regtig 'n aangename ervaring. Baie moeite is gesit in kleiner details - daar is allerhande skilderye, gedigte of aanhalings van bekende persone teen die mure of selfs op die gelamineerde plekmatjie waarop mens ontbyt eet. 'n Plek so reg na my hart.

Newer Posts Older Posts