European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, January 13, 2008

Zurich, o Zurich, thou art beautiful
















Zurich was baie indrukwekkend - sal nie omgee om daar te bly vir 'n ruk nie. Hier is 'n paar van ons gunsteling foto's van Zurich.

Sjoe, maar dis koud!



Dit was so koud in Zurich, dat dele van hierdie fonteine se water gevries het, en wat meer is, gevries gebly het. Daardie thermal underwear wat julle vir ons gekoop het voor ons weg is oorsee het, needless to say, baie handig te pas gekom!

What a view!












Ons het die 26ste Desember in Zurich aangekom en aangesien dit 'n vakansiedag was, was die strate baie stil en meeste winkels was toe. Tydens ons verkenning van Zurich het ons op 'n speelparkie afgekom waar mens 'n wonderlike uitsig het oor Zurich. Hier is 'n paar foto's geneem by die speelparkie van ons, die duifies, en ou ooms wat skaak speel, asook van die view ondertoe.

Singing in the snow!






Ons was op pad na die funicular ('n tram-like voertuig wat op 'n spoor teen die koppie opbeweeg en mens aan 'n kabelkarretjie laat dink) om nog 'n goeie uitsig oor Zurich te kry. Baie mense gebruik die funicular om by hulle huise te kom wat bo-op die koppies gelee is. Op pad soontoe was ons egter bevoorreg genoeg dat dit begin sneeu het, eers liggies, en toe al hoe meer en al hoe vinniger. Needless to say was ons uitsig vanaf die koppie versper deur die sneeu, maar dit was wonderlik om bietjie in die sneeu rond te loop en van die huise op die koppie uit te kyk.

Switserse vervoer




Switserland se openbare vervoersisteem is met goeie rede die beste in die wereld. Die treine is altyd op tyd en dit is verskriklik skoon en netjies en ons het sonder enige probleme 'n baie ingewikkelde roete wat 3 verskillende change-overs ingesluit het (eers per groot trein, toe per bus, en toe per klein trein) vanaf Zurich na Gruyeres redelik effortless gemaak het.

Charismatiese Gruyeres













Toe ons aankom in Gruyeres was ons verras om te vind dat dit 'n klein dorpie is wat gelee is "at the foothills of the Alps" met net 170 inwoners, alhoewel dit jaarliks sowat een miljoen besoekers kry.

Alles is so vars en skoon en soos julle kan sien uit die foto's, asemrowend mooi. Dit het gevoel asof ons vasgevang is in daardie pragtige poskaarte wat mens altyd van Switserland sien.

Heidi



Kaas is groot in Switserland en ons het 'n oordosis daarvan gekry in Gruyeres. Hier is fodies van Johan se broodjie wat hy bestel het, en die sop wat ek bestel het. Die sop is so oulik bedien, dit het gevoel asof ek Heidi is.

In Zurich en Bern praat die mense hoofsaaklik Duits, maar aangesien dit groter stede is, kon baie van die inwoners Engels met ons praat. In Gruyeres was dit egter 'n ander saak - dit is 'n klein, plattelandse dorpie waar Frans die hoof voertaal is. Gelukkig vir Jeanette se Franse klasse wat sy neem - ons een kelnerin by die hotel waar ons gebly het die aand kon nie 'n woord Engelse praat nie. En Jeanette het vir ons bestel en as mediator gedien, en as gevolg daarvan het al ons bestellings reg uitgekom.

Newer Posts Older Posts