European Adventures of Toinette and Johan

Saturday, August 30, 2008

Island-loitering


Hierdie foto mag nie juis lyk na veel nie, maar wat sentimenteel is van hierdie foto, is dat dit geneem is op die punt van een van die eilande in Parys.

In die hart van Parys, in die middel van die Seine rivier, le twee rivier eilande: Île de la Cité en die Île St-Louis.

Sulke dinge fassineer Johan verskriklik en hy wou graag tot op die punt van die een eiland stap. Hier staan Johan op die punt voor 'n pragtige boompie, sambreel in die hand, want dit het gereen toe ons daar was. Ons het vir so paar minute daar gesit. Dit is 'n baie romantiese spot en ons was omring deur 'n hele klomp paartjies wat dieselfde as ons in gedagte gehad het.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts