European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, January 13, 2008

Giger Museum





Johan en Christov is groot fans van H.R. Giger (uitgespreek "giegir") wat die alien creature ontwerp het wat gebruik is in die Alien films. Daar kom juis een van die dae weer 'n film uit, AVPR (Alien vs Predator - Requiem), alhoewel Giger nie deel is van die produksie hierdie keer nie.

Giger se museum is gelee in Gruyeres en dit is ironies dat ons net Gruyeres toe gegaan het omdat hulle na sy museum wou gaan, maar tog is dit die mooiste plekkie waar ons nog ooit was. Alhoewel dit een van die minder bekende Switserse plekkies is, het ons 'n juweel in Gruyeres ontdek.

Hier is 'n paar foto's geneem van buite Giger se museum met sy verskillende kunswerke, asook 'n foto van Christov en Jeanette binne die Giger Bar.

Hey Hanta - sien jy dat Johan sit by daardie selfde image as daardie plakkaat wat jy mos van hom het? Cool, ne?

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts