European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, September 28, 2008

Leonardo da Vinci


Leonardo da Vinci was 'n Italianer wat seker een van die mees diverse en visionary denkers van die 1400s en begin 1500s was. Hy was 'n wetenskaplike, 'n wiskundige, ingenieur, argitek, plantkundige, musikant, skrywer, skildenaar, anatomist, sculptor, en inventor.

Da Vinci het verskeie planne opgetrek vir verskillende uitvindsels gedurende sy leeftyd. Ons was by 'n uitstalling waar hedendaagse mense van die planne wat hy opgetrek het, gevolg het en gebou het. Sekere van sy planne was heeltemal onprakties, maar ander het as inspirasie gedien vir dinge wat vandag in gebruik is, byvoorbeeld helikopters en hang gliders onder andere. Hy was 'n ware genius en die uitstalling was baie insiggewend.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts