European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, September 28, 2008

Ponte Vecchio bridge


Florence is 'n baie quaint plekkie. Hier is 'n foto van die middeleeuse bruggie wat gebou is oor die Arno Rivier en vandag steeds verskeie klein winkeltjies huisves - allerhande juwelierswinkels, souvenir shops of kunshandelaars.

Daar word geglo dat die ekonomiese term "bankrotskap" se oorsprong hier gesetel is: wanneer 'n handelaar nie sy skuld kon betaal nie, is die tafel ("banco") waarop hy sy goedere uitgestal en verkoop het, fisies gebreek ("rotto"). Hierdie praktyk het dus bekend gestaan as "bancorotto". Aangesien die handelaar nie meer 'n tafel gehad het nie, kon hy dus niks verder verkoop nie en vandaar die term "bankrotskap".

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts