European Adventures of Toinette and Johan

Thursday, April 30, 2009

Vir ons Pappas



Nou ja, diegene wat my en Johan goed ken sal weet dat ons nie juis sportbullies is nie, maar ons weet wel dat ons Pappas groot rugby liefhebbers is. So hierdie is spesiaal vir julle.

Foto 1 is van die Millennium Stadium wat Cardiff se nasionale stadion is. Dit is die huis van Wallis se nasionale rugby span en Wallis se nasionale sokker span. Ander events wat ook al daar gehou is, is die Speedway Grand Prix of Great Britain en mense soos Madonna, Tina Turner en The Rolling Stones het ook al daar opgetree.

Die stadion het geopen in Junie 1999 en die eerste groot event wat daar plaasgevind het was 'n rugby unie wedstryd waarin Wallis vir Suid-Afrika gewen het in 'n friendly met 29-19. Dit is die grooste stadion in die wereld met 'n fully retractable roof. Selfs die sneeu hoef nie 'n wedstryd hier te keer nie.

Foto 2 is 'n bewys dat rugby groot is in Wallis.


0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts