European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, May 24, 2009

Rainbow of Dreams :-)


Goed, kom ek vat julle deur 'n vinnige toer van ons nuwe woonstel. Hier is ons hallway en van die vertrekke wat daarvan af lei is: die kombuis na regs, die sitkamer reg voor wat julle kan sien, die 2de slaapkamer na links. Nog verder links is ons eerste badkamer en ons en-suite slaapkamer met ons 2de badkamer.

Ons woonstel is oud met funny groen matte, maar ons bly sover baie lekker hier. 'n Huis is tog wat mens daarvan maak. Ons sal altyd sentimenteel voel oor ons ou woonstel, aangesien soveel geliefdes daar die eerste keer vir ons kom kuier het, maar hierdie woonstel bied ons soveel meer spasie. Ons sal wel mettertyd nuwe herinneringe opbou in ons nuwe woonstel. Sien uit daarna!

Ons sitkamer



Ons leef basies in ons sitkamer. Ons kyk lekker hier televisie, Johan werk op sy rekenaar as hy lus het en ons het ook 'n groot eetkamertafel waar ons nou sit en eet.

Ons wil graag die huis nog meer "homely" maak deur scatter cushions, throws en allerhande soft furnishings te kry, aangesien die meubels met die woonstel kom en nie juis ons eie smaak is nie. Ons was gister by Portabello en Camden Market om table runners te kry vir die eetkamer- en koffietafel. Daar is nog baie om te doen, maar ons vat maar een dag op 'n slag.

Ons kombuis




'n Paar shots van ons nuwe kombuis. Daar is nou soveel meer spasie dat ek en Johan actually verby mekaar kan loop sonder om te bots. Ons het selfs die proppe vervang wat gelek het in die wasbak, en vir mense wat nie enigsins opgeclue is met DYI nie, dink ek dis nogals 'n feat :-). Wys net, mens is tot meer in staat as wat mens dink.

Ons slaapkamer






Hier is 'n paar foto's van ons slaapkamer.

Ons slaapkamer is lekker groot en ons weet nie eintlik wat om met al die ekstra spasie te doen nie. Hier is ook 'n paar foto's van die uitsig vanuit ons kamervenster. O ja, en Lucky op sy satynkussing natuurlik wat weereens lekker le en slaap. Darem maar 'n lekker lewe jong...

Tweede slaapkamer



Hierdie is ons 2de slaapkamer wat as my werk studio dien. Hier kan ek lekker skryf aan my kinderstories en werk aan my illustrasies.

Ons het ook 'n 2de dubbelbed, so julle is meer as welkom om te kom kuier!

Twee badkamers



Wow, wat a luxury om 'n "his" and "hers" badkamer te kan he. Ons het nou 2 badkamers - een met 'n propper stort en een met 'n bad.

Balkon




Ons bly op die eerste vloer en ons het 'n piepklein balkonnetjie waarop ons lekker kan sit. Dis veral baie welkom nou met die somer wat hier is. Ons het vanoggend ontbyt buite geeet. Was baie lekker!

Hier bo is ook 'n paar foto's van die uitsig vanaf ons balkonnetjie. Die bosse wat jul kan sien in die water is waar 'n mamme en pappa eend en hul drie kleintjies bly en dit is te cute om hulle waar te neem. Die kuikens skree soms en sit darem maar vir jou 'n keel op, maar ons vergewe hul dit alles want hulle is baie oulik :-).

Newer Posts Older Posts