European Adventures of Toinette and Johan

Monday, July 13, 2009

Heigh ho, heigh ho, off to Scots we go!



Dit is 22:00 Maandagaand die 6de Julie en ons is op pad na Euston stasie van waar ons na Edinburgh sal vertrek. En ons is gepak - om 5 dae se klere in 2 rugsakke te kry is nogals 'n uitdaging, maar ek het darem daarin geslaag. Dit is immers somer :-)

Op aandag! All aboard!

So ry die trein, so ry die trein...


Ons het Edinburgh toe gery op die Caledonian Sleeper wat 'n oornag trein is. Dit is oulik, mens kan selfs 'n bed huur vir die aand teen ekstra betaling. Ons wou egter bietjie geld spaar en het tot die slotsom gekom dat as ons in 'n vliegtuig kan sit en slaap vir 12 ure, ons dit definitief vir 7 en 'n half ure kan doen. So ons het vir die goedkoper opsie gegaan.

Getting fresh



Die trein het om 23:50 die aand vertrek en 07:20 die oggend in Edinburgh aangekom. Ons slaap op die trein was maar baie onderbroke aangesien dit baie koud was op die trein en ons net nie heeltemal gemaklik kon raak nie.

Die oggend het Johan op "koubare tandeborsels" afgekom wat in plastiekeiertjies kom wat mens uit een van daardie snaakse karnavaalmasjiene koop. Mens kan kou, maar mens moet net nie sluk nie! Wat 'n snaakse verskynsel.

Kasteel kaskenades






Wat Edinburgh se kasteel so indrukwekkend maak is dat dit gebou is bo-op 'n extinct vulkaan, vandaar die vulkaniese rots wat as fondament dien. Toe die deure oopmaak vir die toeriste vir die dag, het 'n Skotse bagpipe player ons ingelei in egte Skotse drag, kilt en al.

Mascots van Skotland, 'n rooi draak en 'n unicorn, het selfs die kinders vermaak en "verwelkom".

Daar is selfs 'n honde begraafplaas in die kasteel waar offisiere se troeteldiere begrawe is vanaf Koningin Victoria se heerskappy.

Edinburgh Castle




Etlike pics van Edinburgh Castle.

Uitsig vanaf die kasteel




'n Paar foto's van die uitsig oor Edinburgh vanaf die kasteel.



Hulle het om een-uur die middag die kanon afgevier. Dit is 'n ou tradisie, want in die verlede het dit vir mense gemerk hoe laat dit is in die dag en is elke dag om een-uur afgevier. Dit is verskriklik om te dink dat die ammunisie in die ou tyd vir die kanon sulke kolossale balle was. Ek sou definitief nie die vyand wou wees nie :-(

Nektar op die tong





Dit is snaaks hoe mens se smaakorgane verander en mature as mens ouer word. Toe ek jonger was, was whiskey vir my aaklig. Maar soos ek ouer geword het, het ek al hoe meer 'n smaak daarvoor gekry. Johan ook.

Daarom dat ons die Scotch Whisky Experience besoek het in Edinburgh. Let daarop dat die Skotte "whisky" skryf sonder 'n e om aan te toon dat dit eg Skots is. Ons het op 'n mini-toer gegaan van hoe dit gemaak word en ook 'n mini-lesing gekry oor al die streke waar whisky gemaak word in Skotland en hoe dit van mekaar verskil as gevolg van die ligging en hoe om dit te geniet.

Wat ook baie indrukwekkend is, is die high-tech vault met 'n versameling van meer as 3000 whiskies wat oor 35 jaar opgebou is deur die Braziliaanse connoisseur Claive Vidiz. Sommige van die whiskies is verskriklike raar single malts met net 100 bottels wat ooit vrygestel is.

Ons het hommage betaal aan Orkney waar ons grootgeword het, deur 'n 15 jaar oue whisky te drink wat van die Orkney Eilande af kom. Ons het ook later op ons travels roomys raakgeloop wat van die Orkney Eilande af kom en dit ook genuttig. Lojaal soos honde se ek jou... :-)

Enigmatiese Edinburgh







Net 'n paar mooi fodies van Edinburgh. Toe ons daar aankom, was ons verras om allerhande rommel in die strate te vind wat opgehoop het en het sommer 'n slegte eerste indruk gekry. Ons het toe wel later geleer dat die rommel verwyderaars tans staak oor die min betaling wat hul kry.

Na 'n lang dag en 'n onrustige aand se slaap in die trein, was ons sommer lekker poegaai, soos die foto's duidelik toon :-)

Highland Explorers



Ons het die Woensdagoggend vroeg bymekaargekom vir ons 3-dae Isle of Skye toer. Heel bo is 'n foto van ons bussie en tweede is 'n foto van ons toergids Martin. Hy het die bussie bestuur en ons vermaak met allerhande inligting, mites en legendes oor Skotland. Hy was 'n wonderlike gids en het regtig die trippie besonder lekker gemaak. Dis goed om te weet daar is nog mense wat pride vat in hulle werk.

Ons was 'n groep van 28 mense en 'n lekker groep daarby. Almal was lekker rustig en van regoor die wereld: daar was mense van Malaysia, Kanada, Australie, Swede, China, Amerika ens. Een van die meisies wat op die toer was se naam is Skye en aangesien sy vernoem is na die Isle of Skye wou sy graag weet hoe dit lyk. Sy was definitief nie teleurgesteld nie!

Break on through to the other side


Die eerste besienswaardigheid wat ons teegekom het was die Forth Railway Bridge wat die noord-ooste en suid-ooste met mekaar verbind. Dit is 'n besondere stuk konstruksie en die eerste struktuur in Brittanje om van staal gebruik te maak. Tydens konstruksie, wat vanaf 1883 tot 1890 geduur het, is 450 werkers beseer en 98 werkers het hul lewens verloor. Dit moes 'n kolossale taak gewees het.

Standing tall



Ons eerste stop was by Tay Forest Park naby Dunkeld in Perthshire wat bekend staan as die "big tree country". Die eerste foto is van wat voorheen die langste boom was in die UK en 'n volle 64.4 meter lank en trots staan. Dit is 'n Douglas Fir boom en is in die 1860s geplant. Dit is eers onlangs verbygevat deur 'n boom in Cardiff, Wallis wat 'n paar sentimeter langer gegroei het.

Taming Tay Forest





Beautiful fodies van die woud. En van ons natuurlik (grappie!)

Ossian's Hall






Daar is 'n merkwaardige geboutjie wat opgerig is om uit te kyk oor die Black Linn waterval van die Braan rivier. Daar is 'n versteekte handvatsel binne wat mens moet trek (en mens moet nogals krag insit) om die eerste deur oop te kry. Dan loop mens deur nog 'n vertrek om by die uitkykpunt te kom. Dit is so cute.

Pittige Pitlochry







Ons het vir lunch gestop by Pitlochry, wat 'n verskriklike quaint dorpie is en aan Clarens in Suid-Afrika herinner, maar net bietjie meer old wordly. Hulle het ook die oulikste klein winkeltjies, maar daar was ongelukkig nie veel tyd vir shopping nie. Dalk ook maar beter so :-) Ons sal graag volgende keer vir bietjie langer daar wil bly. Dit is baie picturesque.

Oorlog en vrede




Ons volgende stop was by die Commando Memorial wat 'n wonderlike uitkykpunt is vir Ben Nevis, die hoogste berg in die British Isles. Die Commando Memorial is opgerig ter herinnering van die elite soldate wat gesterf het tydens die Tweede Wereldoorlog.

Dit is 'n baie mooi uitsig en dit is ironies om te dink dat daar soveel vrede binne mens kan wees om hierdie berge te aanskou, terwyl daar soveel bloedvergieting plaasgevind het deur die geskiedenis heen. Nie net was Skye eens gedomineer deur twee sterk clans, die MacDonalds en die MacLeods nie (en die rivalry tussen hulle het gelei tot baie geweld en bloedvergietig oor die eiland vir etlike eeue), maar daar is steeds oorloe wat aangaan rondom die wereld. Daar naby is 'n graf van 'n 22-jarige soldaat wat in 2006 gesneuwel het tydens die oorlog in Afghanistan. Dit alles is so tragies, so onnodig, so sinneloos. Die volgende aanhaling van Naomi Mitchison (1897-1999) springs to mind: "Go back far enough and all humankind are cousins".

Newer Posts Older Posts