European Adventures of Toinette and Johan

Wednesday, July 24, 2013

Dartmoor Prison & Princetown

Daar is 'n snaakse en eerie "vibe" in Princetown - seker oor Dartmoor Prison wat daar geleë is.  Daar is 'n neerdrukkende gevoel as mens in die dorpie in stap, wat nie deur die foto's weerspieël word nie (die tronk kan ver weg gesien word in die mistigheid).

Dartmoor Prison is oorspronklik begin in 1805 tydens die oorlog met Napoleonic France en het baie Franse, en later Amerikaanse Prisoners of War, gehuisves.  Alhoewel Dartmoor vandag steeds 'n misplaasde reputasie het as 'n hoë-sekuriteit tronk wat bestand is teen ontsnappings, is dit eintlik 'n kategorie C tronk deesdae wat meestal ongeweldadige en white-collar kriminele huisves.

Ons het toe weer 'n bus terug gevang Tavistock toe waar ons 'n laaste linner gehad het, en so was ons Dartmoor vakansie op 'n einde. 






0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts