European Adventures of Toinette and Johan

Tuesday, October 07, 2014

Winding Wednesday Wonders

Ons het besluit om die Woensdag rustig te vat en net bietjie te gaan rond ry en verken.  Die paadjies daar is verskriklik nou en kronkelrig en daar is soms net genoeg spasie vir een kar om verby te kom, so dit vat nogals bestuursvernuf en baie geduld en samewerking tussen bestuurders om daar te ry.

Ons het die grens vanaf Somerset oorgesteek tot in Devon en op 'n klein stilhou-plekkie afgekom in Countisbury waar ons 'n paadjie gevolg het deur 'n ou kerk (daar moes onlangs 'n troue daar plaasgevind het, want daar was nog vars confetti op die grond) en sy begraafplaas, en toe op 'n pragtige uitsig afgekom.  Ons het besluit om die volgende dag verder te ry en daardie plek wat ons in die verte kon sien (Lynmouth en Lynton) te gaan verken.









0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts