European Adventures of Toinette and Johan

Saturday, November 24, 2007

Christ Church Cathedral in Dublin




Ons het nie in die katedraal ingegaan nie, tyd was beperk. Maar ons het wel 'n foto geneem van die oorblyfsels van die Chapter House, asook van die buitekant van die katedraal. Dit is verstommend om te dink dat ons op 'n plek gestaan het wat in 1163 opgerig is. Die geskiedenis wat daar begrawe moet le is mindblowing.

Garden of Remembrance




"Established in 1966 to commemorate the 50th anniversary of the 1916 Easter Rising. It is dedicated to those who died during the struggle for Irish independence.

An Oisin Kelly sculpture is in the park. It shows people from the tragic Irish legend of the Children of Lir, where four children were turned into swans by their stepmother which is an old irish legend. In the centre of the park is a large rectangular pond."

Die beeld van die kinders wat in swane verander is verskriklik indrukwekkend en dit simboliseer "rebirth and resurrection".

In 1976 is 'n gedigte kompetisie gehou om 'n gedig te vind om hierdie geveg om vryheid uit te druk. En die volgende gedig van
Liam Mac Uistin het gewen:

We Saw A Vision

In the darkness of despair we saw a vision, We lit the light of hope, And it was not extinguished, In the desert of discouragement we saw a vision, We planted the tree of valour, And it blossomed.

In the winter of bondage we saw a vision, We melted the snow of lethargy, And the river of resurrection flowed from it.

We sent our vision aswim like a swan on the river, The vision became a reality, Winter became summer, Bondage became freedom, And this we left to you as your inheritance.

O generation of freedom remember us, The generation of the vision.




The Dublin spire


Die Spire of Dublin (met die bynaam "The Spike") is 120 meter hoog en het 20 000 (of 12 000, kan nie mooi onthou nie) ligte in die toppunt wat dit belig in die aand. Die oorspronklike plan was om dit voltooi te he in 2000 ter ere van die nuwe millennium, maar as gevolg van uitgestelde konstruksiewerk, is dit eers in 2003 voltooi. En vandag is dit die hoogste sculpture in die wereld.




James Joyce



Ierland het geboorte geskenk aan menige bekende skrywers, waaronder: Oscar Wilde, William Butler Yeats, Samuel Beckett, Jonathan Swift, George Bernard Shaw en James Joyce om maar net 'n paar te noem. Julle girls wat saam met my Engelse letterkunde geswot het sal weet waarvan ek praat!

Wel, James Joyce is nogal groot in Dublin. Hier staan ek saam met 'n beeld van James Joyce in die pouring rain. Daar is ook 'n foto van die verse uit van sy boeke wat op die glas geplaas is in die Guinness Brewery se kroeg. Alles nogals baie nice en kultureel.

Johan and Toinette do Dublin!





Ons vlug terug Londen toe was om 15:45 Sondag middag. So ek en Johan het Sondagoggend om 06:30 opgestaan om 'n paar laaste foto's van Dublin se besienswaardighede te neem voor ons sou huis toe gaan. Ongelukkig was dit 'n reenerige oggend, en dit was KOUD, so ek en Johan het ons gepantser teen die koue en gewapen met sambrele het ons Dublin se strate ingevaar. Die reen en donker lig het ons het egter verhoed om mooi duidelike foto's te neem, maar hier is 'n paar van hulle in elk geval!

Row your boat ashore!


Oxford is mos bekend vir die rivalry tussen Oxford en Cambridge se roeispanne. Daar was verskeie spanne besig om te oefen op die waters terwyl ons daar was. Baie van die afrigters gebruik 'n drom om die spanlede in pas te laat roei en hulle aan te hits. Ander afrigters ry sommer op die fiets langs individuele roeiers om hulle aan te hits en in die regte rigting te stuur. Roeiers kan mos nie agter hulle sien nie, so mens moet bewus wees van ander bote en roeiers op die rivier.

Opmerklike Oxford















Oxford bied nie veel om te doen nie, maar die ryk geskiedenis agter die oudste universiteit en die argiktektuur van die histories geboue is iets besonders. Hier is 'n paar van die foto's wat Oxford se karakter vasvang.

'n Bird's eye view van Oxford






Ek en Johan het sowat 1000 smal trappies geklim (Francois, jy sou engtevrees daarvan kry!) om 'n bird's eye view van Oxford te kry vanaf die toppunt van die katedraal se toring. Absolutely breathtaking. Johan het wel later aan bietjie hoogtevrees gely, en ons het nie te lank vertoef nie.

Magpie Lane


Sien jy Carla? 'n Laan spesiaal gededicate aan jou darling! Jy kan geeerd voel.

Penicillin en die botaniese tuine






Penicillen is in Oxford ontdek en Oxford se botaniese tuine is begin in honour daarvan, asook om te dien as herinnering daaraan. Ons het 'n draai hier gemaak en 'n paar fodies geneem.

Gargoyles






Die argitektuur in Oxford is absoluut besonders. En die gargoyles wat wag hou oor die geboue en kerke is verskriklik interessant en/of eerie. Ek het 'n boekie gekoop oor die betekenis en geskiedenis van gargoyles en hier is 'n gedeelte daaruit: "The nightmarish heads that project from the walls of the medieval cathedrals and churches of Europe and that adorn the temples of India and Nepal serve two functions. Their first purpose is to remind the faithful that there is, ever present beneath the everyday world, another world peopled by monsters, demons and strange beasts, half-man, half-monster; a world close to hell itself which awaits all those who fall into sin. Their second function is apotropaic, they serve to ward off other devils and demons and thus protect the sanctity of the temple or church. This concept may seem strange to us but the medieval mind and the mind of a modern-day Buddhist or Hindu worshipper would see nothing at all unusual in the idea of using demons to ward off other demons."

Die studente vang graad!



Ons was in Oxford op die Saterdag wat die studente graad gevang het - so die strate was vol met wit en swart "pikkewyne" - en as gevolg daarvan, was baie van die universiteitsgeboue ongelukkig nie oop vir die publiek daardie dag nie.

Hier is 'n paar studente wat lekker pose vir 'n paar fodies.

Oxford plekke wat gebruik is in Harry Potter





Oxford is 'n gewilde toeriste aantreklikheid deesdae as gevolg van die feit dat dit al 2 maal vir settings gebruik is in die Harry Potter films:

"The historic Bodleian Library is the main research library of Oxford University. Both Duke Humfrey’s Library and the Divinity School were used as some of the interiors at Hogwarts. The Divinity School's vaulted ceiling is regarded as a masterpiece of English Gothic architecture.

Also in Oxford, Christ Church and it’s Great Hall is used as a double for Hogwarts School. Oxford’s largest college, re-founded by Henry VIII in 1546, is the only college in the world with a cathedral within its walls. Lewis Carroll (Charles Dodgson) also used Christ Church as inspiration for his story ‘Alices adventures in Wonderland’."

Op die foto's staan ek en Johan in die courtyard van die Bodleian Library en voor 'n paar deure met verskillende skole van kennis.

Die ander foto is van Christ Church met al die mooi rooi ivy voor op die muur. Ons het ingegaan, maar die eetsaal het ongelukkig eers later oopgemaak en ons moes amper huis toe, so ons kon ongelukkig nie fisies sien hoe die great hall lyk waar die eetsaal scenes in Harry Potter verfilm is nie.



Newer Posts Older Posts